SportSport

Sportnuus van die NWU

Hier is ‘n opsomming van afgelope week se sportgebeure op die NWU Potchefstroomkampus: Rugby: Pieter van den Berg  is gekies as afrigter van die SA Studente 7’s span wat in Julie aan die Studente Wêreldkampioenskappe in Namibië deelneem. Rhyno Smith, oud-Rugbyinstituutspeler was in die Blitsbokspan wat die 7’s-toernooi in Frankryk gewen het. Cobus Oosthuizen, die …

Hier is ‘n opsomming van afgelope week se sportgebeure op die NWU Potchefstroomkampus:

Rugby:

  • Pieter van den Berg  is gekies as afrigter van die SA Studente 7’s span wat in Julie aan die Studente Wêreldkampioenskappe in Namibië deelneem.
  • Rhyno Smith, oud-Rugbyinstituutspeler was in die Blitsbokspan wat die 7’s-toernooi in Frankryk gewen het.
  • Cobus Oosthuizen, die sportwetenskaplike, maak einde Junie klaar by die Potchefstroomkampus aangesien hy’ n Lektorspos gekry het by die NWU Mafikengkampus.

Uitslae

  • NWU speel teen Pirates met al die NWU spanne wat oorwinnings behaal:  1ste span wen 40-8;  2de-span wen 64-19;  3de-span wen 27-7;  0.21 wen 30-5
  • 0.19-span wen 50-10 teen Naka Bulle

Komende wedstryde:

16 Junie

  • 1e-, 2e, 3e- en 0.21 spanne speel teen Raiders op die Fanie du Toit Sportgronde.
  • NWU 0.19 speel teen Bulls op Loftus B
  • Luiperds speel teen Griffons – Welkom

 Soccer:

  • The NWU Ladies Team is still playing in the SAFA Sasol Provincial League.

The Ladies will be playing on Thursday (14 June) against the Golden Ladies from Mafikeng as part of the League.

On Saturday, 16 June they will play at home on the Fanie du Toit Sports Grounds against Florentina at 15:00 also a league game.

  • NWU men’s team played a friendly game against Tiki Taka FC and won 7-0. This is part of the preparation for the upcoming USSA competition in July 2018.

 

Karate:

Twee NWU studente,  Brandon Shepherd en Coenraad Berrange is gekies as deel van die FISU Karatespan wat gaan deelneem aan die FISU Wêreld Karate kampioenskappe in Japan vanaf 16 – 23 Julie 2018.

 Atletiek:

  • Vyf lede van die NWU Atletiekklub is in die SA-span ingesluit. Die moontlikheid bestaan dat die groep tot ses lede vermeerder sal word.

Die atlete is :

  • Ariane Nel
  • Lente Pieterse
  • Sunette Viljoen (voormalige NWU student)
  • Tshepang Makhete
  • Terseus Liebenberg (gooie-afrigter) (Onttrek)

Hokkie:

Pretoria Liga

NWU 1 mans vs Tuks 1

NWU verloor 2-4

NWU 1 mans vs OA 1

NWU verloor 1-3

NWU 1 dames vs Chippas 1

NWU wen 3-2

NWU 1 dames vs Tuks 1

NWU gelykop 0-0

Noord Wes liga

NWU 2 mans vs NW 18

NWU wen 2-1

NWU 2 dames vs NW 18

NWU wen 4-0

  • Sheldon Rostron nuut aangestelde Bestuurder, Kampus Sport vir die Potchefstroomkampus en voormalige NWU Hokkiebestuurder vertrek eersdaags na Engeland as Hoofafrigter van die Dames Protea Hokkiespan vir die Hokkiewêreldbeker.
  • Sulette Damons, voormalige student van die NWU is ook ingesluit in die span vir dié Wêreldbekertoernooi.

Netbal:

n Groep NWU Studente en die afrigter (self  ‘n speler in die reeks),  van die NWU Netbalklub is ingesluit in die Flames Netbalspan wat tans deelneem aan die Brutal Fruit Netbal Premierliga-kompetisie.  Die Flames speel Vrydag 16:00 in die kwartfinaal teen die Kingdom Stars.  Die semi-finale vind plaas op 12:00 op Saterdag en die Finale om 12:00 op Sondag 17 Junie 2018.

Die span is:

  • Didintle Keebine
  • Chanté Bester
  • Jessica du Plessis
  • Romé Dreyer
  • Claudia van den Berg
  • Bianca Lelyveld
  • Monique Reyneke
  • Elsunet du Plessis

Kanoe:

Die NWU span vertrek na Jeffreybaai ter voorbereiding van die opkomende USSA toernooi.  Die amptelike USSA toernooi vind plaas in die Visrivier by Cradock gedurende Augustus 2018.

Tennis:

Die NWU Tennisspanne is druk besig met voorbereiding  vir hulle jaarlikse USSA toernooi wat plaasvind vanaf 1 – 7 Julie 2018 in Bloemfontein.

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/
Pierre Botma had a sensational tournament for the NWU in the scoring department.
Pierre Botma of the NWU Hockey Club

Related Articles

Back to top button