Fisieke rugbygeveg tussen Potch Dorp en Klerksdorp

Potchefstroom Dorp Rugbyklub se finale wedstryde in die Luiperds/Griffons-liga vanjaar het teen Klerksdorp Rugbyklub op tuisveld die afgelope Saterdag, 9 Junie, plaasgevind en het alles bevat wat ‘n mens van ‘n tradisionele klubrugbystryd verwag. Daar was intensiteit, trots en passie op hierdie velde met Klerksdorp se eerstes wat met 22-14 seëvier. Potch Dorp het moedig …

Potchefstroom Dorp Rugbyklub se finale wedstryde in die Luiperds/Griffons-liga vanjaar het teen Klerksdorp Rugbyklub op tuisveld die afgelope Saterdag, 9 Junie, plaasgevind en het alles bevat wat ‘n mens van ‘n tradisionele klubrugbystryd verwag.
Daar was intensiteit, trots en passie op hierdie velde met Klerksdorp se eerstes wat met 22-14 seëvier. Potch Dorp het moedig teen die Klerksdorpers geveg maar op die ou einde het ongedwonge foute op kritieke tye laat sink.

Foto’s: Wouter Pienaar:

Eerstespan:

Tweedespan:

 

Vroue:

 

Potch Dorp se tweedespan het ook net-net die onderspit met 29-39 teen Klerksdorp se tweedes gedelf. Dit nadat die besoekers vroeg ‘n groot voorsprong van 29-10 geneem het. Daarna het die Potchefstromers met vinnige drieë van losskakel, Gillwin Jansen en skrumskakels, Julian Richards en Agisanang Maboe die telling tot 29-29 geneem.
Die Klerksdorpers het wel op die einde weer gaan druk om die wedstryd te beklink.
Potch Dorp se vrouespan het vir amok gesorg toe hulle met 72-0 oor Klerksdorp se vrouespan gestoomrol het. Dit was ‘n driefees met Potch Dorp wat 12 drieë aangeteken het. Die senter, Baby Plaaitjies met twee drieë was briljant asook die skrumskakel Milene Cronjé wat drie drieë en ses doelskoppe oorgesit het. Die slot, Lizzy Diseko en senter, Sherilynn Campbell het ook albei driekunste behaal.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version