SportSport

Van Schalkwyk in SA o.19 krieketspan ingesluit vir Engeland-toer

Die kolfblaaie van Engeland roep die talentvolle Potchefstromer, Louis van Schalkwyk, nadat hy vir die Suid-Afrikaanse o.19 krieketspan gekies is wat vanaf 8 tot 29 Julie teen Engeland gaan kragte meet. Dié begaafde krieketspeler, wat verlede jaar die top lopiemaker by die Khaya Majola Skoleweek was en ook die SA Colts-span gelei het, is opgewonde …

Die kolfblaaie van Engeland roep die talentvolle Potchefstromer, Louis van Schalkwyk, nadat hy vir die Suid-Afrikaanse o.19 krieketspan gekies is wat vanaf 8 tot 29 Julie teen Engeland gaan kragte meet.
Dié begaafde krieketspeler, wat verlede jaar die top lopiemaker by die Khaya Majola Skoleweek was en ook die SA Colts-span gelei het, is opgewonde om te wys wat in hom steek op die hoogste vlak in dié opkomende toer.
“Ek was baie opgewonde toe ek hoor dat ek die span gehaal het. Ek glo met die Coke-week, die Cubs-week en die SA-Akademieweek het ek redelik goed gedoen en die hoop gehad dat ek die SA o.19-span kan haal,” vertel Van Schalkwyk opgewonde.
Van Schalkwyk, wat die afgelope paar jaar afrigting by die NWU krieketafrigter, Conrad de Swardt kry, is die enigste Noordwes-speler in die groep en sekerlik ook een van die eerste getoë Potchefstromers wat hierdie span haal.
“Ons vlieg op 29 Junie Engeland toe en op die toer gaan ons twee vierdag toetse en drie eendagwedstryde speel. Een van my doelwitte is om een of twee groot honderdtalle in die toetse te maak. Die bal gaan in die Engelse toestande meer beweeg en dit gaan belangrik wees om vinnig aan te pas en lank te kolf. In die eendagwedstryde is die doel om die wedstryd vorentoe te vat en druk op die opposisie te sit en tot die span by te dra,” noem hy.
Van Schalkwyk is tans ‘n eerstejaarstudent in B.Com (Rek) aan die NWU en ‘n trotse oudleerder van Potchefstroom Volkskool. Hy het in 2017 gematrikuleer. Dit is juis hier op die velde van Volkies waar Van Schalkwyk eers naam gemaak het.

Louis van Schalkwyk is vir die SA o.19 krieketspan gekies wat vanaf 8-29 Julie in Engeland gaan toer. Foto: Verskaf
Louis van Schalkwyk is vir die SA o.19 krieketspan gekies wat vanaf 8-29 Julie in Engeland gaan toer. Foto: Verskaf

“Louis was nog altyd een van die hardste werkers in die span. Hy was altyd die ou wat die meeste balle geslaan het. Hy het ook alles self uitgetoets en gekyk wat vir hom werk. Ons by Volkies is baie trots op hom,” noem sy voormalige eerstespan afrigter, Andries Huisamen.
“Ek is self regtig bly vir my pa-hulle wat my nog altyd ondersteun en daar is vir my. Hulle en my meisie Roselle, is regtig baie bly vir my,” voeg Van Schalkwyk by.

Louis van Schalkwyk van Volkies het 'n onoorwonne dubbelhonderdtal teen Lichtenbug
Louis van Schalkwyk was ook ‘n talentvolle kolwer in sy skoolloopbaan Foto: Wouter Pienaar
Louis van Schalkwyk is vir die SA o.19 krieketspan gekies wat vanaf 8-29 Julie in Engeland gaan toer. Foto: Verskaf
Louis van Schalkwyk is vir die SA o.19 krieketspan gekies wat vanaf 8-29 Julie in Engeland gaan toer. Foto: Verskaf

https://www.nbcarsales.co.za/

Related Articles

 
Back to top button