Duiweseisoen begin weer op ‘n vlugvoetige noot

Die wedvlugseisoen is met ‘n maklike vlug vanaf Bloemfontein twee naweke gelede oopgemaak. In die jaaroud-afdeling maak Nic Stassen van Potchefstroom Posduifklub (PPK) amok en neem sy duiwe die eerste drie plekke met ‘n wenspoed van 1401 meter per minuut (84 kilometer per uur). Salty de Villiers se duiwe neem die 4de en 12de plekke …

Die wedvlugseisoen is met ‘n maklike vlug vanaf Bloemfontein twee naweke gelede oopgemaak.
In die jaaroud-afdeling maak Nic Stassen van Potchefstroom Posduifklub (PPK) amok en neem sy duiwe die eerste drie plekke met ‘n wenspoed van 1401 meter per minuut (84 kilometer per uur).
Salty de Villiers se duiwe neem die 4de en 12de plekke in. Die duiwe van Sarel Naudé het skitterend opgevolg met ‘n posisie 5,6,7,11 en 17 op die uitslagkaart.
In die ope-duiwe-afdeling was die kompetisie effens strawwer waar die duif van Sarel Naudé met die louere weggevlieg het, met ‘n wenspoed van 1395.6 meter per minuut. Faan de Beer se duif behaal die 2de plek, Riaan en Elmarie die 3de plek en Arrie Marais wat 4de en 5de plekke beklee.
Die afgelope naweek het die Mooirivier Resiesduifklub (M.R.K) se duiweboere vanaf Kimberley hulle staal getoon met Johan Schlebusch wat in die jaaroud-afdeling weer gedomineer het met 8 plekke onder die top 10.
Schlebusch se wenduif klok in ‘n tyd van 11:52:19. Net Willem Moolman, met plekke 7 en 10, kon ook onder die top 10 eindig.
Schlebusch vat ook die kroon in die ope-afdeling in ’n tyd van 12:53:29. Hier is Moolman se duifies net ’n kortkop agter in tweede plek met ‘n tyd van 12:54:12. Hier vat Schlebusch ook die derde, sesde, sewende en agtste plekke. By PPK het Eddy Bondesio se duiwe in die jaaroud-afdeling ook vanaf Kimberley skoonskip gemaak.
Sy duiwe behaal die eerste drie plekke, met Nollie Meintjies in die vierde plek. Nic Stassen kry hier 5,6,9 en 10de plekke.
In die ope-afdeling wen Sarel Naudé se duif met ‘n wenspoed van 1 258 meter per minuut.
By PPK is Stassen tans voor op 930 punte, met Naudé tweede op 891 punte en Bondesio 3rde op 504 punte.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version