SportSport

Gimmies en Volkies presteer in Prestige-reeks

Aksiebelaaide tonele het verlede naweek (4-5 Mei) op die sportvelde en bane van die NWU afgespeel met van die land se beste skole wat die gesogte NWU Prestige-reeks se gouemedaljes in hulle visier gehad het. Na die afgelope twee maande se strawwe kompetisie tussen 16 skole in allerlei sportsoorte soos rugby, netbal, hokkie, tennis, landloop, …

Aksiebelaaide tonele het verlede naweek (4-5 Mei) op die sportvelde en bane van die NWU afgespeel met van die land se beste skole wat die gesogte NWU Prestige-reeks se gouemedaljes in hulle visier gehad het.

Na die afgelope twee maande se strawwe kompetisie tussen 16 skole in allerlei sportsoorte soos rugby, netbal, hokkie, tennis, landloop, skaak en gholf, het dié reeks op gepaste wyse die kaf van die koring in verskeie eindstryde geskei.
Op plaaslike gebied het Potchefstroom Gimnasium (5de algeheel) en Potchefstroom Hoër Volkskool (7de algeheel) die vlag in hierdie reeks gewapper en op tuisgrond het hulle vir oulaas nie teleurgestel nie.
Gimmies se twee eerste hokkiespanne het albei teen Hoërskool Middelburg vir gouemedaljes gesorg. Die eerste dogterspan het met 3-1 geseëvier en die seuns het in ‘n taai stryd 1-1 geëindig en sodoende die trofee met die manne van Mpumalanga gedeel. In hierdie wedstryd was Adriaan Röntgen en doelwagter, Henko Labuschagne, veral puik. Gimmies se seunshokkie verdien veral ’n pluimpie nadat hule o.16A seunshokkiespan ook met ‘n gouemedalje spog na ‘n 2-1 oorwinning teen Middelburg. Middelburg moet werklikwaar dié naweek seker siek en sat wees vir silwer nadat eerste rugbyspan in die eindstryd vir eerste en tweede plek teen Hoërskool Lichtenburg met 20-17 ook die knie moes buig. Op die rugbyfront het Volkies wel ook vreugde gebring met hulle eerstespan wat brons verower het. Volkies het Hoërskool Zwartkop met 30-20 geklop in ‘n aanskoulike wedstryd waar spelers soos Le Roux White (heelagter) en Stephan van Niekerk (losskakel) uitstekende wedstryde gehad het. Onder leiding van die ervare Daan Seymore, Christo van Heerden en Johan Herbst, tesame met voormalige Springboklosskakel, André Pretorius in die afrigtingspan, is hierdie eerstespan een van die gunstelinge om in die komende Virsekerbeker naam te maak. Op die netbalfront het Potchefstroom Gimnasium letterlik en figuurlik bo die ander skole getroon om met die louere as beste netbalskool in die reeks weg te stap. Gimmies se o.15A en B spanne is reekswenners, terwyl die tweede span die eerste plek met Montana deel. Die eerstespan behaal ‘n derde plek, terwyl die o.16A’s tweede plek vat. Potchefstroom Volkskool kon ook spog met ‘n gouemedalje nadat die o.17A-span Hoërskool Noordheuwel met 16-14 geklop het.

Foto’s: Wouter Pienaar

AJR
AJR

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button