Luiperds moet wendroogte teen die Sharks breek

Die Luiperds is steeds op soek na hulle eerste oorwinning van die Supersport Uitdaagtoernooi wanneer hulle die Sharks XV Sondag, 13 Mei by die Impala Rugbyklub in Rustenburg takel. Na drie nederlae, die laaste een verlede Vrydag met 40-20 teen die Cheetahs in Bloemfontein, is Luiperdsbreier, Jonathan Mokuena, se manne gretig om uiteindelik hierdie wendroogte …

Die Luiperds is steeds op soek na hulle eerste oorwinning van die Supersport Uitdaagtoernooi wanneer hulle die Sharks XV Sondag, 13 Mei by die Impala Rugbyklub in Rustenburg takel.
Na drie nederlae, die laaste een verlede Vrydag met 40-20 teen die Cheetahs in Bloemfontein, is Luiperdsbreier, Jonathan Mokuena, se manne gretig om uiteindelik hierdie wendroogte te breek.
“Ons moet elke week verbeter en die intensiteit opstoot. Al het ons teen die Cheetahs verloor, voel ek dat ons intensiteit op verdediging baie verbeter het.
“Ons het nie net gaan lê soos voorheen nie,” noem hy.
“Dit is moeilik om in die posisie waar ons nou is die Supersport Uitdaagtoernooi te wen, maar wat ek die naweek teen die Sharks wil sien, is dat ons die vaste fasette beter beheer en van daar af werk.”
Die wedstryd skop om 14:45 af en kan regstreeks op Supersport 10 gevolg word.

Die Luiperds teen die Sharks XV is:

15 – Lungelo Gosa
14 – Justin Newman
13 – Evardi Boshoff
12 – Bradley Moolman
11 – Gene Willemse
10 – Schalk Hugo
9 – Chriswill September
8 – HP Swart
7 – Johan Retief
6 – Gideon van der Merwe
5 – Walt Steenkamp
4 – Jaco Swanepoel
3 – Robert Hunt
2 – Louis van der Westhuizen
1- Johan Smith

Plaasvervangers

16 – Dane van der Westhuizen
17 – Nelius Theron
18 – Boela Venter
19 – Mervyn Mazibuko
20 – Eugene Hare
21 – DP de Lange
22 – Tapiwe Mafura

AJR

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version