Die NWU Prestigereeks eindstryde het vandag in Potchefstroom plaasgevind met seunshokkie, dogtershokkie en netbal wat uitstekende sportaksie gebring het.
Op plaaslike front het Potchefstroom Gimnasium se eerste seunshokkiespan 1-1 gelykop in ‘n taai wedstryd teen Middelburg gespeel.
Middies kon die wedstryd in die laaste 5 minute beklink het, maar het vele kanse verbrou en albei spanne het sodoende die eerste plek gedeel.
Foto’s: Wouter Pienaar
In netbalaksie het Volkies se o.17A span die goue medalje verower toe hulle Noordheuwel met 16-14 geklop het. Gimmies se eerste netbalspan het die bronsmedalje verower toe hulle vir Jeugland met 38-23 kafgedraf het. Zwartkop het die goue medalje verower.
Kyk die foto’s hier:
You can read the full story on our App. Download it here.