SportSport

Groot rolbal dié naweek by Potchefstroom Buiteklub

Na ’n naweek van uitstekende rolbal by die Klerksdorp Rolbalklub toe die seksiewenners mekaar gepak het om deur te dring na die finale van die NW Rolbal gemengde pare, het die volgende agt pare deurgedring: Drie van die KOSH-area, drie van Potchefstroom en twee van Parys. Die spanne uit die KOSH is presies gelykop verdeel …

Na ’n naweek van uitstekende rolbal by die Klerksdorp Rolbalklub toe die seksiewenners mekaar gepak het om deur te dring na die finale van die NW Rolbal gemengde pare, het die volgende agt pare deurgedring: Drie van die KOSH-area, drie van Potchefstroom en twee van Parys.
Die spanne uit die KOSH is presies gelykop verdeel tusen die klubs: Johan en Burnadine Muller van Orkney, Mike en Wilna Bennetto van Klerksdorp en Gene en Moira Hill van Strathvaal. Die Potchefstroom Buiteklub (PCC) is die enigste klub met twee spanne: Michael de Witt en Helena Koekemoer en ook Meschak Kali en Sega Mokoto. Die derde Potchefstroom-span is Jean en Rose du Plessis van die Potchefstroom Dorp Rolbalklub.
Die twee spanne van Parys is Raymond Loubser en Emmie Pelser en ook Dries de Jager en Lazuya Serfontein.
Die finale wedstryde begin om 08:00 by die Potchefstroom Buiteklub (PCC) op Saterdag 5 Mei.Rolbal

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button