Skaakmat is deel van sy woordeskat

Met wit en swart blokkies vol skaakstukke voor sy oë, is die jong graad twee-leerder, Alex Fourie van Laerskool Bailliepark, in sy gemaksone. Hierdie kranige skaakspeler het aan die begin van die maand, 1 tot 7 April, aan die Suid-Afrikaanse Junior Geslote Skaakkampioenskappe in Benoni deelgeneem en puik presteer. Nie enige Jan Rap en sy …

Met wit en swart blokkies vol skaakstukke voor sy oë, is die jong graad twee-leerder, Alex Fourie van Laerskool Bailliepark, in sy gemaksone.
Hierdie kranige skaakspeler het aan die begin van die maand, 1 tot 7 April, aan die Suid-Afrikaanse Junior Geslote Skaakkampioenskappe in Benoni deelgeneem en puik presteer. Nie enige Jan Rap en sy maat neem aan hierdie toernooi deel nie, aangesien spelers uitgenooi word. Alex het vir sy deelname ‘n sertifikaat en ‘n splinternuwe skaakmat ontvang om nog meer opponente in die toekoms in skaakmat vas te vang.
Volgens sy skaakafrigter, Leandri Booysen, het Alex in Januarie vanjaar aan die Suid-Afrikaanse skaakkampioenskappe deelgeneem en puik presteer, om sodoende in aanmerking vir die geslote kampioenskappe te kom.

Alex Fourie is op sy gelukkigste agter ‘n skaakbord.

“Die SA Junior Skaakkampioenskappe vereis van die speler om die hele jaar aan toernooie deel te neem. Daarna kies jou distrik (Dr. Kenneth Kuanda) die beste speler en word na die SA Junior Geslote Skaakkampioenskappe gestuur.
Alex oefen 10 ure per week en geniet skaak ten volle, aangesien dit sy groot passie en prioriteit is.
“Alex het baie potensiaal, is hardwerkend en sit die tyd in. Alex het baie deursettingsvermoë. As hy verloor, leer hy daaruit omdat hy wil beter raak. Sy ouers is ook betrokke en positief teenoor skaak,” voer Leandri aan.

Alex Fourie saam met sy skaakafrigter, Leandri Booysen
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version