Luiperds beleef weer Griffons-nederlaag

Die Luiperds se misnoeë teen die Griffons is vanjaar voortgesit toe hulle in die eerste wedstryd van vanjaar se Supersport Uitdaag-toernooi die afgelope Saterdag met 47-21 in Schweizer-Reneke verloor het. Die Purple People Eaters, soos die Griffons bekendstaan, het behoorlik aan Luiperdsvleis gesmul en het vanuit die staanspoor af die voortou geneem. Die Griffons se …

Die Luiperds se misnoeë teen die Griffons is vanjaar voortgesit toe hulle in die eerste wedstryd van vanjaar se Supersport Uitdaag-toernooi die afgelope Saterdag met 47-21 in Schweizer-Reneke verloor het.
Die Purple People Eaters, soos die Griffons bekendstaan, het behoorlik aan Luiperdsvleis gesmul en het vanuit die staanspoor af die voortou geneem.
Die Griffons se senter, Duan Pretorius, was ‘n vlieg in die Luiperds se salf met twee drieë, terwyl hul losskakel, Juan Kotzé, ook ‘n goeie dag met sy skopskoen beleef het. Altesaam het die Griffons sewe drieë gedruk.
Die Luiperds se Eugene Hare, Gene Willemse en HP Swart het die drielyn oorgesteek om die telbord beter te laat lyk. Die Luiperds speel vanjaar in die sentrale afdeling en kom teen die Griffons, Vrystaat, Griekwas en Sharks te staan in tuis en wegwedstryde.
Sake raak nie makliker vir die Luiperds nie, wat komende Saterdag teen die Griekwas in Kimberley speel.

Luiperds se bepalings: (tuis in drukletters)
28 April: Luiperds teen Griekwas – Kimberley (15:00)
4 Mei: Luiperds teen Vrystaat – Bloemfontein (18:00)
13 Mei: Luiperds teen Sharks – Rustenburg Impala (16:00)
25 Mei: Luiperds teen Griekwas – Potchefstroom, Fanie du Toit Sportgronde (15:00)
1 Junie: Luiperds teen Vrystaat – Potchefstroom, Fanie du Toit Sportgronde (15:00)
9 Junie – Luiperds teen Sharks – Piet Retief (17:00)
16 Junie – Luiperds teen Griffons – Welkom (15:00)

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version