SportSport

NWU behaal gemaklike oorwinning teen Tukkies

Die NWU het vanmiddag gemaklik met ‘n beleërde Tukkies-span klaargespeel toe hulle die Pretorianers in hulle agterplaas op die LC de Villiers Stadion met 40-26 in die Varsitybeker getroef het. Die telling vertel nie die hele storie nie, met die NWU wat na 70 minute se spel ‘n 40-3 voorsprong gehad het. Drie vinnige drieë …

Die NWU het vanmiddag gemaklik met ‘n beleërde Tukkies-span klaargespeel toe hulle die Pretorianers in hulle agterplaas op die LC de Villiers Stadion met 40-26 in die Varsitybeker getroef het.

Die telling vertel nie die hele storie nie, met die NWU wat na 70 minute se spel ‘n 40-3 voorsprong gehad het. Drie vinnige drieë van Tukkies op die einde het verseker dat die telbord nie so sleg lyk nie.

Die NWU het die wedstryd beheer veral na skrumskakel Chriswill September die eerste drie gaan druk het om die telling na 10-3 te skuif.

Flink werk van die flank Gideon van der Merwe net voor halftyd het tot die NWU se tweede drie gelei en sodoende was hulle 20-3 voor teen halftyd.

Die NWU was puik op die verdediging en het ook amok in die skrums gemaak, waar konstante druk na die derde drie gelei het met kaptein Tiaan Bezuifenhout wat van naby af oorduik.

Twee drieë in die Powerplay-periode het Tukkies verder in die grond in gedryf met Tapiwe Mafura en Henko Marais wat hulle stemme met drieë dik gemaak het.

Marius Verwey en Marnus Potgieter het vir Tukkies in die doodsnikke gaan druk, maar teen daardie tyd was die einde reeds in sig.

Punte: 

NWU: 40 (20)

Drieë: Chriswill September, Gideon van der Merwe, Tiaan Bezuidenhout, Tapiwa Mafura, Henko Marais.

Doelskoppe: Schalk Hugo (4)

Strafskoppe: Schalk Hugo (2)

Tukkies: 26 (3)

Drieë: Marius Verwey, Marnus Potgieter

Doelskoppe: Cliven Loubcher

Strafskoppe: Cliven Loubcher

Mall

 

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button