Volkies se Timothy Malan lewer ‘n vierkuns op teen Gimmies

Vier paaltjies in vier balle. Dit was die droomscenario wat Volkies se Timothy Malan teen Gimmies in hulle Varsity Krieketstryd op Senwes Park beleef het toe hy met puik boulwerk sy skool na ‘n 5 paaltjie oorwinning gelei het. Gimmies is vir ‘n skamele 42 almal uitgeboul en kon nie eers die 12 beurte bly …

Vier paaltjies in vier balle.

Dit was die droomscenario wat Volkies se Timothy Malan teen Gimmies in hulle Varsity Krieketstryd op Senwes Park beleef het toe hy met puik boulwerk sy skool na ‘n 5 paaltjie oorwinning gelei het.

Gimmies is vir ‘n skamele 42 almal uitgeboul en kon nie eers die 12 beurte bly staan in hierdie spesiale wedstryd wat as vertoonwedstryd vir die Varsity Krieket-finaal tussen NWU en Tuks gedien het.

Malan het met boulsyfers van 4/13 in 2 boulbeurte gespog terwyl Andre Taljaard ook twee paaltjies ingeoes het.

Volkies het wel gemaklik na die teiken gevorder voordat Christopher de Freitas met flink veldwerk uitgehardloop is om na 33/3 te laat.

Op die ou einde het Jaco Viljoen en Waldu Kotze sterk gestaan en Volkies oor die lyn gedra met die telling op 45/5. Sodoende wen Volkies met vier boulbeurte oor.

Timothy Malan het almal se aandag met sy vier paaltjies in vier balle gekry teen Gimmies op Senwespark.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version