SportSport

Varsity Sport loods varsgroen veldtog

Verandering en nuwe inisiatiewe is iets wat Varsity Sport voor bekend is en vanjaar gee hulle weer die pas aan met die bekendstelling van die SpeakUp-veldtog by komende week se Varsity Krieket toernooi vanaf 29 Januarie – 3 Februarie in Potchefstroom. Hierdie veldtog fokus op geestesgesondheid en die belangrikheid daarvan in sportmans en student se …

Verandering en nuwe inisiatiewe is iets wat Varsity Sport voor bekend is en vanjaar gee hulle weer die pas aan met die bekendstelling van die SpeakUp-veldtog by komende week se Varsity Krieket toernooi vanaf 29 Januarie – 3 Februarie in Potchefstroom.
Hierdie veldtog fokus op geestesgesondheid en die belangrikheid daarvan in sportmans en student se lewens om seker te maak dat hulle bewus is van die risiko’s sowel as hoe om dit te hanteer.

Duitser Bosman, HUB van Varsity Sport stel die nuwe groen broek en SpeakUp-veldtog bekend in Potchefstroom op Woensdag, 24 Januarie. Foto: Wouter Pienaar.
Duitser Bosman, HUB van Varsity Sport stel die nuwe groen broek en SpeakUp-veldtog bekend in Potchefstroom op Woensdag, 24 Januarie. Foto: Wouter Pienaar.

“Ons doel met SpeakUp is om ons gehoor oor die belangrikheid van geestesgesondheid bewus te maak en ook breë studentesamelwwing in te lig oor waar hulle hulp kan vind om geestesgesondheidskwessies te hanteer,” het Duitser Bosman, HUB van Varsity Sport genoem.
Met die bekendstelling van SpeakUp is daar ook ‘n nuwe groen broek vir die Varsity Kriekettoernooi bekendgestel. Die speler van die wedstryd sal dan die groen broek dra in sy volgende wedstryd en is iets wat die publiek se aandag sal trek. Hierdie broek sal dan juis die bogenomde veldtog simboliseer en so word daar ‘n konneksie gemaak.
Lees meer oor hierdie veldtog aanlyn op: https://varsitysportssa.com/speakup.

Mall

Related Articles

 
Back to top button