SportSport

Potchefstroom Swemklub se swemmers blink uit tydens NW-swemkampioenskappe

Die Potchefstroom swemklub staan weer trots op die podium na die afgelope Noordwes swemkampioenskappe wat tydens 7 – 10 Desember 2017 in Rustenburg gehou is. Blitsige swemmers van die Potchefstroom swemklub het 3 individuele byeenkomsrekords laat spat en ’n totaal van 87 medaljes (waarvan 43 goud, 23 silwer en 21 brons) verower! Hierdie prestasies van …

Die Potchefstroom swemklub staan weer trots op die podium na die afgelope Noordwes swemkampioenskappe wat tydens 7 – 10 Desember 2017 in Rustenburg gehou is.
Blitsige swemmers van die Potchefstroom swemklub het 3 individuele byeenkomsrekords laat spat en ’n totaal van 87 medaljes (waarvan 43 goud, 23 silwer en 21 brons) verower! Hierdie prestasies van die swemmers het die klub algeheel derde uit 16 swemklubs laat eindig.

Die swemmers se afrigter, Marike van Oort, sê sy is baie trots op elke individuele swemmer van die swemklub se puik prestasie. “Hulle het getrou geoefen, hard gewerk en almal het baie goeie tye geswem.” Blitsvinnige Chazél Orton het ’n byeenkomsrekord in die 200m rugslag laat spat en met 13 goue medaljes weggestap. Bianca Opperman het nege goue, drie silwer en een brons medalje losgeswem en ook ’n byeenkomsrekord in die 50m borsslag gebreek. Alexia Delicado spog met ’n byeenkomsrekord in die 100m vlinderslag en met nie minder as nege goue medaljes nie.

Idelé du Toit skitter met twee goue, vyf silwer en ses brons medaljes. Aiden Nel pronk met vyf goue, twee silwer en twee brons medaljes. Nog trotse medalje-wenners is Janco Bartleman, met een silwer en twee brons, en sy broer Wian Bartleman met drie goue en een silwer medalje. William-Stephan Slaughter verower vier silwer en twee brons medaljes. Scarlett Botes spog met twee silwer medaljes en Theo Ferreira met twee goud, twee silwer en drie brons medaljes. Amy Fleuch wen twee brons medaljes, Mathilda Liebenberg twee brons medaljes en Tumé van Niekerk drie silwer en een brons medalje.

Mall

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button