SportSport

Foto’s: Gimmies klop Monnas in taai vriendskaplike kragmeting

Potchefstroom Gimnasium se eerste krieketspan het in hulle eerste wedstryd op hul tuisveld vanjaar naelskraap met een paaltjie teen Hoërskool Monument gewen. Die sterre met die rooi kersie vir Gimmies was Ronald Hendricks wat 3/16 in 10 beurte met sy wegbreekballe ingeoes het. Marinus Pienaar (2/19) en Ricus Swart (2/19) het Hendricks ook goed ondersteun. …

Potchefstroom Gimnasium se eerste krieketspan het in hulle eerste wedstryd op hul tuisveld vanjaar naelskraap met een paaltjie teen Hoërskool Monument gewen.
Die sterre met die rooi kersie vir Gimmies was Ronald Hendricks wat 3/16 in 10 beurte met sy wegbreekballe ingeoes het. Marinus Pienaar (2/19) en Ricus Swart (2/19) het Hendricks ook goed ondersteun. Hierdie boulvertonings het daartoe gelei dat Monnas vir 171 almal uitgeboul is.
Gimmies se kolwers het goed begin met die ervare Adriaan Röntgen en Landré Halgryn wat ‘n 92-lopie vennootskap vir die eerste paaltjie getimmer het. Röntgen was ook die tuisspan se top kolwer met ‘n goeie 62 van 67 balle.
Gimmies het toe ‘n klomp paaltjies verloor, maar op die ou einde die teiken in 47 boulbeurte aangeteken.

Gimmies speel hulle eerste Finsburyliga kragmeting hierdie naweek teen Hoërskool Rustenburg met die eerstespan wat weg speel en die o.15-span wat tuis op die Gimmie-Oval gaan uitdraf.

Foto’s: Wouter Pienaar

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button