SportSport

Van Schalkwyk sit SA Colts kapteinskap op sy krieketkerfstok

Die naam op almal se lippe tydens die afgelope 2017 o.19 Khaya Majola Nasionale Skolekrieketweek vanaf 17-22 Desember by St-Stithians Kollege, was niemand anders as Potchefstroom se belowende jong kolwer, Louis van Schalkwyk nie. Van Schalkwyk het oudergewoonte op die grootste verhoog sy beste vertonings in Noordwes kleure gelewer, toe hy die meeste lopies (283) …

Die naam op almal se lippe tydens die afgelope 2017 o.19 Khaya Majola Nasionale Skolekrieketweek vanaf 17-22 Desember by St-Stithians Kollege, was niemand anders as Potchefstroom se belowende jong kolwer, Louis van Schalkwyk nie.

Van Schalkwyk het oudergewoonte op die grootste verhoog sy beste vertonings in Noordwes kleure gelewer, toe hy die meeste lopies (283) aangeteken het. Dit het onder meer ’n honderdtal (116) en ’n vyftigtal (76) ingesluit.

Hierdie merkwaardige individuele prestasie het die krieketkeurders by dié week aangegryp en Van Schalkwyk is met die kapteinskap by die SA Colts-span beloon om sy skolekrieketloopbaan op ’n hoogtepunt af te sluit.
In die een SA Colts wedstryd teen die SA Skole-span het hy 22 aangeteken, voor hy BVP betrap is. Tog glo hy dat die hele ervaring by die week iets is wat hy altyd sal onthou.

“Ek het ’n goeie begin gehad met ’n 116 nie uit nie die eerste dag. Die tweede dag het ek 76 gekry op die krieketweek. Die span het wel bietjie gesukkel en ons kon net een wen en een onbesliste uitslag kry, terwyl ons die res van die wedstryde verloor het.

“Om kaptein te wees is vir my vreeslik lekker. Ek geniet dit baie en dit is iets waarmee ek gemaklik is. Ek voel ek kan die voortou neem en die span motiveer om tot hulle volle potensiaal te laat speel,” het Van Schalkwyk verblydend genoem.

Van Schalkwyk wat verlede jaar sy laaste krieketseisoen vir Volkies gespeel het, gaan nou sekerlik verder naam maak op die krieketveld en gaan beslis iemand wees om in die toekoms dop te hou. Dié jong man het emmers vol talent en volgens hom is dit net so belangrik om psigies sterk te wees.

“Sonder my afrigter, Conrad (De Swardt) by die NWU-Puk sou ek ook nie kon wees waar ek vandag is nie. Al sy afrigting en hulp met die tegniek het my gekry waar ek vandag is. Ek voel ook ’n mens se kop moet baie sterk wees met die kolf, want dit help ’n mens om deur daardie moeilike tye te kom. Fiksheid speel ook ’n groot rol om jou konsentrasievlakke hoog te hou.”

Dié regterhand kolwer het verder ook sy sukses te danke aan sy ouers se ondersteuning en die tyd wat hulle deur die jare aan sy sport bestee het.

“Ek moet baie dankie sê aan my ouers wat my altyd ondersteun en my pa wat vir my ekstra balle gooi na oefeninge en op ander ekstra dae.”

PNP

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button