SportSport

Atleet wil ES le Grange Skool by Wêreldkampioenskappe trots maak

‘n Atleet van die ES le Grange Skool het die geleentheid van ‘n leeftyd om vanaf 7-10 Desember sy land oorsee in die Inas Wêreldlandloopkampioenskappe in Reims, Frankryk te gaan verteenwoordig.

‘n Atleet van die ES le Grange Skool het die geleentheid van ‘n leeftyd om vanaf 7-10 Desember sy land oorsee in die Inas Wêreldlandloopkampioenskappe in Reims, Frankryk te gaan verteenwoordig.
Baren Davids (21) se prestasie op die atletiekveld het nie ongesiens verbygegaan nie en hierdie uitstekende en veelsydige atleet is ES le Grange se trots, met die dat hy op nasionale vlak slegs een van 10 Suid-Afrikaners is wat by dié landloopkampioenskappe gaan deelneem.
Baren gaan die SASA-II-span verteenwoordig wat uit atlete bestaan wat verstandelik gestrem is. Baren is self uit sy vel van opgewondenheid oor hierdie geleentheid en hierdie jong man kon sy glimlag nie wegsteek toe Herald met hom gesels het nie.
“Ek is baie opgewonde en ek weet dit gaan ‘n ongelooflike ervaring wees. Ek het nie woorde om te beskryf hoe dit gaan wees om jou land te verteenwoordig in Frankryk nie,” het hy genoem.
Volgens Baren sal hy graag net sy beste by die wêreldkampioenskappe wil lewer, terwyl alles anders net ‘n bonus sal wees.
“Ek kan nie wag om net te gaan reis en nuwe plekke te ontdek nie. Ek gaan dit baie geniet,” sê Baren, wat ook in kortafstande en sokker uitblink.
Baren is reeds vir nege jaar by ES Le Grange en het ook sy dankbaarheid teenoor die skool uitgespreek sodat hy hierdie prestasie kon bereik.
“Ek wil dankie sê vir die skool, want sonder hulle hulp sou kon ek nie kon kom waar ek nou is nie.
“Hulle moet baie vir ons deurgaan en is altyd daar vir ons,” sê hy.

Sport

Related Articles

Back to top button