SportSport

Potch Dorp Rugbyklub vereer hulle topspelers

Potch Dorp Rugbyklub se topspelers is op Vrydag 20 Oktober by ‘n formele prysuitdelingsfunksie by die klub vir hulle uitstekende vertoning in die bekende maroentruie vereer. Die mans- en damespanne het vanjaar ‘n paar uitblinkers gehad wat die klub met trots en eer verteenwoordig het. Michael-Hugo Schreiber is as die klub se Speler van die …

Potch Dorp Rugbyklub se topspelers is op Vrydag 20 Oktober by ‘n formele prysuitdelingsfunksie by die klub vir hulle uitstekende vertoning in die bekende maroentruie vereer.
Die mans- en damespanne het vanjaar ‘n paar uitblinkers gehad wat die klub met trots en eer verteenwoordig het.
Michael-Hugo Schreiber is as die klub se Speler van die Jaar aangewys, terwyl die vroue Luiperds-speler, Verana van Heerden, erekleure ontvang het.
Van Heerden is ook die eerste vrou wat erekleure by Potch Dorp kry, na haar insluiting in die Springbok Vroue Sewesspan vanjaar. Die klub bedank Cell C vir hul suksesvolle borgskap hierdie afgelope seisoen.

Hier is die volledige lys wenners:

Dames:

Beste voorspeler: Lizzie Diseko

Beste agterspeler: Chandre Africa
Mans:

Beste juniorspeler: Tshiamo “TK” Ntasi

Beste seniorspeler: Ruan Janse van Vuuren

Mees toegewyde speler: Deon van Zyl

Speler van die Jaar: Michael-Hugo Schreiber

Erekleure: Verana van Heerden

Sport

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button