Morrison is Luiperds se speler van die jaar

Die Luiperds se uitstekende slot, Loftus Morrison het vanjaar met die groot prys as die Luiperds se Speler van die Jaar by die Luiperds se spoggerige jaareindfunksie weggestap. Hierdie funksie het by die Elgro Hotel op Woensdag, 25 Oktober plaasgevind met die jaar se topspelers wat vir hulle harde werk en toewyding op die veld …

Die Luiperds se uitstekende slot, Loftus Morrison het vanjaar met die groot prys as die Luiperds se Speler van die Jaar by die Luiperds se spoggerige jaareindfunksie weggestap.

Hierdie funksie het by die Elgro Hotel op Woensdag, 25 Oktober plaasgevind met die jaar se topspelers wat vir hulle harde werk en toewyding op die veld vermelding ontvang het.

Gideon van der Merwe het met die nuweling van die jaar toekenning weggestap, terwyl Janlu Steenkamp sy talent bewys het in ‘n skitterende debuutseisoen om die o.19 Speler vandie Jaar toekenning te wen.

Gene Willemse is ook as die spelers se speler van die jaar sowel as agterspeler van die jaar aangewys. Walt Steenkamp is as voorspeler vir die jaar aangewys.

Die volledige lys wenners is:

o.19 Speler van die Jaar – Janlu Steenkamp
o.21 Speler van die Jaar – Jaco Swanepoel
Vrouespeler van die Jaar – Sheneze Verana van Heerden

Nuweling van die Jaar – Gideon van der Merwe
Opkomende Speler van die Jaar – Chriswill September

Agterspeler van die Jaar – Gene Willemse
Voorspeler van die Jaar – Walt Steenkamp 

Spelers se speler van die jaar – Gene Willemse
Speler van die Jaar – Loftus Morrison

Daar is ook toekennings vir langstaande diens by die funksie uitgegee:

Karen Crafford – 17 years

Gladwin Sehularo – 15 years

Andries Selemela – 15 years

Foto’s: Wouter Pienaar

Exit mobile version