Luiperds moet positiewe sien na eindstryd nederlaag

Die Luiperds se 60-36 nederlaag teen die Griffons in die afgelope Vrydag (20 Oktober) se Curriebeker Eerste Divisie-eindstryd in Welkom, was in baie opsigte ‘n herhaling van die 2016 uitgawe toe die Griffons ook vir Jonathan Mokuena se manne tot tweede plek verdoem het. Dit was ‘n harde pil om te sluk vir die Luiperds …

Die Luiperds se 60-36 nederlaag teen die Griffons in die afgelope Vrydag (20 Oktober) se Curriebeker Eerste Divisie-eindstryd in Welkom, was in baie opsigte ‘n herhaling van die 2016 uitgawe toe die Griffons ook vir Jonathan Mokuena se manne tot tweede plek verdoem het.

Dit was ‘n harde pil om te sluk vir die Luiperds in Welkom, veral vir afrigter, Jonathan Mokuena wat moes toekyk hoe sy span verbete terugveg en voorloop, net om aan die einde te verloor. Verder was dit ook ‘n bittersoet vir Jeandré Rudolph wat sy laaste Luiperds wedstryd verloor het, voordat hy na die Pumas toe skuif.

“Een van die groot dinge waarna ons moet kyk is dat die seisoen baie lank was vir die spelers. Moegheid was miskien ‘n faktor, veral in die sin dat die Griffons ons nie strategies uitoorlê het op die dag nie,” het Mokuena beaam.

.

“Ons het drie geleenthede in die eerste helfte gehad en ons kon net nie die druk op hulle plaas nie. Ek voel as ons die geleenthede vroeg gebruik het, was dit dalk ‘n ander storie,” noem hy verder.

Volgens Mokuena het hy ook nog steeds ‘n baie jong groep spelers wat bereid is om uit hulle foute te leer.

“Natuurlik wou ons wen, maar aan die einde  het die son nie op ons geskyn nie en ons sal moet aanbeweeg. Hoogtepunte vir my hierdie seisoen was hoe jong spelers soos Edmund Rheeder en Robert Hunt hulle staal gewys het. Daar is beslis baie talent hier.”

Met die dat die meeste van die Luiperds se spelers vir die NWU-Pukke se Varsitybekerspan uitdraf, voel Mokuena ook dat sy spelers genoeg geleenthede het om saam as ’n span te groei.

“Ons moet dit nou net daardie een stap verder vat. Ons gaan moet vrae vra en onsself uitdaag. Om twee keer die finaal te haal is goed, maar volgende jaar moet ons die beker wen.”

Exit mobile version