Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Gimmies se Jansen-broers stuur eerste span na oorwinning teen Volkies

Gimmies se eerste krieketspan het dit verlede Saterdag op die Gimmie-Oval weer reggekry om Volkies op hulle neuse te laat kyk in die o.19 Superliga krieketwedstryd tussen hierdie twee gedugte teenstanders. Gimmies se Jansen-tweeling, Marco en Duan, was twee van die groot faktore wat die tuisspan na ‘n 5 paaltjie oorwinning gelei het. Marco was …

Gimmies se eerste krieketspan het dit verlede Saterdag op die Gimmie-Oval weer reggekry om Volkies op hulle neuse te laat kyk in die o.19 Superliga krieketwedstryd tussen hierdie twee gedugte teenstanders.
Gimmies se Jansen-tweeling, Marco en Duan, was twee van die groot faktore wat die tuisspan na ‘n 5 paaltjie oorwinning gelei het. Marco was die speler van die wedstryd met sy onoorwonne 62 (101) waar hy met konsekwente kolfwerk die teiken van 189/5 help behaal het. Hy het ook met 1/18 in 7 boulbeurte beïndruk. Duan het ook met 2/18 sy stempel afgedruk, terwyl Gimmies se draaiers verder op Volkies se kolwers toegesak het om hulle vir 185 uit te boul nadat hulle eerste gekolf het.
Volkies kan hulself skop nadat hulle van ‘n sterk posisie op 90 sonder verlies na 185 almal uit soos ‘n pak kaarte inmekaar getuimel het. Louis van Schalkwyk (47) en Vincent Viljoen (52) het met hulle openingsvennootskap Gimmies frustreer, maar toe Duan Jansen van Van Schalkwyk ontslae raak, het die damwal gebars. Martin Fourie se 17 was die derde hoogste telling van die beurt. Gimmies se kaptein, Vernon Charslund, het (3/28) met sy bybreekballe behaal en hy is goed deur Francois Viviers (2/14) ondersteun.
Volkies moes van die staanspoor af paaltjies neem en sake het goed begin toe Charslund (8) en Ricus Swart (9) vroeg kleedkamer toe gestuur is. Van Schalkwyk (2/29) en André Taljaard (2/19) het uitstekend geboul en kan hulle koppe omhoog hou. Op 64/3 was daar nog hoop dat Volkies ‘n kans in die wedstryd sou hê, maar die Jansen-broers se 40-lopie vennootskap en 74 lopie vennootskap tussen Marco Jansen en Matthew Haupt (49 van 30 balle) het verseker dat Gimmies dié een wen.

Foto’s: Wouter Pienaar

Sport

Related Articles

 
Back to top button