Photo GalleriesSportSportSports Galleries

De Freitas en kie stuur Volkies se o.15A-span na sege teen Gimmies

Al die tekens is daar dat krieketondersteuners nog lank Christopher de Freitas se naam sal sien en hoor, veral nadat hy vir die soveelste keer Volkies se o.15A span na ‘n oorwinning gelei het. Hierdie keer was Gimmies se o.15A-span die slagoffer van hierdie Volkie se veelsydige talent. De Freitas het die afgelope Saterdag in …

Al die tekens is daar dat krieketondersteuners nog lank Christopher de Freitas se naam sal sien en hoor, veral nadat hy vir die soveelste keer Volkies se o.15A span na ‘n oorwinning gelei het. Hierdie keer was Gimmies se o.15A-span die slagoffer van hierdie Volkie se veelsydige talent. De Freitas het die afgelope Saterdag in die Noordwesliga 49* met die kolf en 2/34 met die bal bygedra.
Hierdie hotklou se spel is vanjaar vuurwarm en as hy so aanhou sal hy Volkies beslis na groter hoogtes lei. Saam met De Freitas het Stephan Jansen ook 46 vanaf 42 balle bygedra in ‘n vierdepaaltjie vennootskap van 88 lopies om Volkies oor die wenstreep in die 35ste beurt te stuur.
Gimmies het eerste gekolf en slegs 179 almal uit in 37 boulbeurte aangeteken. Wian Oosthuizen het hier ‘n blitsige 39 (27) aangeteken wat 4 sesse en 3 viere ingesluit het.
Hy was een van De Freitas se twee paaltjies, netjies van sy eie boulwerk uitgevang.
Stephan Fourie het ook met 2/18 in 3.5 boulbeurte die kolfstert vankant gemaak.

Foto’s: Wouter Pienaar

Sport

Related Articles

 
Back to top button