SportSport

NWU-Junior Pukkies skop swemseisoen goed af

Swemmers van die NWU-Junior Swemklub het die nuwe seisoen op ’n hoë noot afgeskop tydens ‘n onlangse Inter-provinsiale swemgala vir kleiner provinsies (streke) op 19 Augustus in Johannesburg. Die gala is ‘n jaarlikse instelling tussen Noordwes, Limpopo, Mpumalanga, Oostelike Gauteng, Sedibeng en Noord-Vrystaat, hoewel laasgenoemde nie vanjaar swemmers ingeskryf het nie. Noordwes het vanjaar ‘n …

Swemmers van die NWU-Junior Swemklub het die nuwe seisoen op ’n hoë noot afgeskop tydens ‘n onlangse Inter-provinsiale swemgala vir kleiner provinsies (streke) op 19 Augustus in Johannesburg.
Die gala is ‘n jaarlikse instelling tussen Noordwes, Limpopo, Mpumalanga, Oostelike Gauteng, Sedibeng en Noord-Vrystaat, hoewel laasgenoemde nie vanjaar swemmers ingeskryf het nie. Noordwes het vanjaar ‘n tweede plek behaal.
Uitblinkers tydens dié kortbadbyeenkoms by Boksburg Noord se onderdak, verhitte swembad was Van Zyl Brand (3 goud), Alexia Duarté (1 Silwer), Sumé du Preez (1 brons), Jenna-Marie Lee (1 silwer), Xandri Palmer (2 brons), Tiaan Rossouw (1 silwer), Janco Uys (2 brons), Juandré Uys (1 brons) en Jana van Rheede van Oudtshoorn (1 silwer).
Die volgende Interprovinsiale byeenkoms vind op 4 November op Sasolburg plaas. Die klub se entoesiastiese swemmers is tans kliphard aan die voorberei vir die jaarlikse kortbadkampioenskappe by Pecanwood College op 23 en 24 September.

Sport

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button