Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Smith se driekuns stuur Luiperds na groot sege teen Kings

‘n Kragtige driekuns van die Luiperds se kaalkopstut, Joe Smith, was een van die vele hoogtepunte in die Luiperds se professionele 57-20 oorwinning teen die OP Kings vanmiddag (Vrydag, 8 September) op Olënpark. Joe Smith was maar  een van die uitblinkers vir die Luiperds in hierdie Curriebeker Eerste Divisie-stryd en die kragtige stut het goeie …

‘n Kragtige driekuns van die Luiperds se kaalkopstut, Joe Smith, was een van die vele hoogtepunte in die Luiperds se professionele 57-20 oorwinning teen die OP Kings vanmiddag (Vrydag, 8 September) op Olënpark.

Joe Smith was maar  een van die uitblinkers vir die Luiperds in hierdie Curriebeker Eerste Divisie-stryd en die kragtige stut het goeie vaardighede met die bal in die hand vir ‘n groot man bewys. Sy driekuns was die kersie op die koek gewees wat sy vertoning mooi afgerond het.

Die Luiperds het goed uit die blokke gespring toe kaptein, Jeandré Rudolph in die hoekie oor is. Die vlugvoetige Tapiwa Mafura was ook op sy stukke in die eerste helfte en het ‘n paar keer gate in die OP Kings se verdediging gehardloop.

Die Luiperds het met vaart die lyn keer op keer gebreek en hul voor en agterspelers was lus vir hardloop vanmiddag. Die slot, Stairs Mhlongo, haker, Panda Dekker en haker Dane van der Westhuyzen het ‘n paar keer goeie meters behaal op die aanval.

Die Argentynse skeidsregter Federico Anselmi het baie voordeel gespeel en ook kans gegee vir die wedstryd om te vloei. Die Luiperds het voordeel met hulle agterlyn getrek toe Elden Schoeman vir hulle derde drie oor is.

Die geelkaart vir EP Kings se Nick Roebeck het die rooi en swart truie niks beter laat vaar nie en hulle kanse om die wedstryd te wen aansienlik verminder.

Losskakel Gerhard Nortier se goeie wedstryd is wel na 30 minute kortgeknip af na sy arm in die losgemaal beseer is. Schalk Hugo wat hom vervang het, het hom goed van sy taak gewyt en in die tweede helfte sy stempel afgedruk.

Die Luiperds het die tweede helfte met vuur en vlam begin toe Jeandre Rudolph en Joe Smith agter die pale gaan kuier het.

Die OP het wel teruggekom met twee drieë van agtsteman, Cody Anthony Basson en buitesenter, Siyanda Grey.

Steeds was die OP se agterstand net te veel en hulle afrigtersspan was ‘n paar keer ongelukkig met die skeidsregter se besluite wat hulle luidkeels van die hoofpawiljoen uitgebulder het.

Die Luiperds se jong stut Francois Jacobs het sy span se agtste drie om die telling na 57-20 te neem en sy breë glimlag was tekenend van die tuisspan se goeie vertoning.

Punte:

Luiperds:

Driee: Jeandre Rudolph (2) Joe Smith (3) Elden Schoeman, Francois Jacobs

Doelskoppe: Nortier (4) Schalk Hugo (2)

Strafskoppe: Gerhard Nortier (2)

 OP:

Driee: Cody Anthony Basson, Siyanda Grey

Doelskoppe: Brink (2)

Strafskoppe: Michael Brink (2)

Foto’s: Wouter Pienaar

Sport

Related Articles

 
Back to top button