Luiperds wil koning kraai teen OP op Olënpark vandag

Die Luiperds het verlede Saterdag in ‘n Curriebeker Eerste Divisie-strydmet ‘n indrukwekkende tweede helfte blitzkrieg die Boland Kavaliers met 47-26 in Montagu laat les opsê. Dit was ‘n broodnodige oorwinning vir die Luiperds en een wat hulle baie selfvertroue vir hulle komende tuiswedstryd teen die OP hierdie Vrydag op Olënpark sal gee. In die wedstryd …

Die Luiperds het verlede Saterdag in ‘n Curriebeker Eerste Divisie-strydmet ‘n indrukwekkende tweede helfte blitzkrieg die Boland Kavaliers met 47-26 in Montagu laat les opsê.
Dit was ‘n broodnodige oorwinning vir die Luiperds en een wat hulle baie selfvertroue vir hulle komende tuiswedstryd teen die OP hierdie Vrydag op Olënpark sal gee.
In die wedstryd teen Boland was die Luiperds teen halftyd met 14-19 agter en daar moes verseker ‘n paar harde woorde in die kleedkamer gewees het.
Die resultaat was dat die Luiperds met vyf drieë in die tweede helfte die tuisskare stil gespeel het.
Vir die Luiperds het Jeandré Rudolph ‘n driekuns behaal, terwyl Gene Willemse (2), Bradley Moolman en Schalk Hugo ook gaan druk het. Gerhard Nortier het vier doelskoppe oorgeklits en Hugo, wat eers op die plaasvervangersbank was, nog twee.
Die Luiperds is die gunsteling hierdie Vrydag teen die OP wat heel onder aan die punteleer lê op 2 punte. Die Luiperds is tans tweede op 8 punte net onder die voorlopers, die Griffons, wat 10 punte onder hulle naam het.
Die wedstryd tussen die Luiperds en OP skop om 16:00 af.

Luiperds-span teen OP:

15. Tapiwa Mafura, 14. Jimmy Mpailane, 13. Justin Newman, 12. Bradley Moolman, 11. Elden Schoeman, 10. Gerhard Nortier, 9. Chriswill September, 8. Jeandré Rudolph, 7. HP Swart, 6. Gideon van der Merwe, 5. Boela Venter, 4. Stairs Mhlongo, 3. Panda Dekker, 2. Dane van der Westhuysen, 1. Joe Smith. Reserwes: 16. Marius Stander, 17. Francois Jacobs, 18. Ruan Venter, 19. Marno Redelinghuys, 20. Wessel Kuhn, 21. Schalk Hugo, 22. Lungelo Gosa.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version