Patria Blues weer koshuisrugby kampioene

Die Patria Blues is weer die NWU-Pukke se Steinhoff Koshuisrugbykampioene na ‘n fantastiese 32-24 sege teen ‘n gevaarlike Caput-span gisteraand (Woensdag, 6 September) op die Fanie du Toit Sportgronde. Sodoende gaan Patria weer eens vir die NWU verteenwoordig by die Steinhoff Varsity Rugby-toernooi volgende jaar tydens die Varsitybeker. Kyk die video hier: Dit was behoorlik …

Die Patria Blues is weer die NWU-Pukke se Steinhoff Koshuisrugbykampioene na ‘n fantastiese 32-24 sege teen ‘n gevaarlike Caput-span gisteraand (Woensdag, 6 September) op die Fanie du Toit Sportgronde.

Sodoende gaan Patria weer eens vir die NWU verteenwoordig by die Steinhoff Varsity Rugby-toernooi volgende jaar tydens die Varsitybeker.

Kyk die video hier:

Dit was behoorlik ‘n wedstryd van twee helftes waar Patria na ‘n uitstekende tweede helfte vertoning die wen deurgehak het, nadat hulle 8-17 teen halftyd agter was. Caput het die wedstryd soos ‘n veldbrand begin en met hulle aanvallende agterlyn ‘n paar puik drieë gedruk. Dit was so maklik soos 9,10,11 vir Caput met skrumskakel Visser van der Bank, losskakel, Jan Labuschagne en linkervleuel Ruvo du Preez wat die wedstryd stewig in hulle kant gesit het.

Patria het die tweede helfte hulle staal gewys met Louis Winter se drie om die gaping na 2 punte te verklein. Die uitstekende buitesenter, Maghiel le Roux, het soos ‘n mes deur botter verby Caput se verdediging gesny het om ‘n pragtige solodrie aan te teken met die gevolg dat Patria die voortou neem. Patria se haker, Christo Badenhorst het die telling verder na 29-17 verbreed toe hy in die hoekie oor is.

Caput het wel nie al die pad na die eindstryd gekom om tou op te gooi nie en met 10 minute speeltyd oor is Carl Foord oor vir Caput om die telling na 29-24 te neem. Caput het van daar af alles probeer en was skrale sentimeters van die drielyn af, maar Patria het sterk gestaan.

Patria se heelagter (en oud-Gimmie) Jaswyn Damon het die wen met ‘n strafskop in verstreke tyd beklink om sy puntetotaal in dié eindstryd na 12 punte te bring.

“Dit was ‘n harde wedstryd maar ons broers in Patria het ons heeldag ondersteun wat ongelooflik was. By Patria glo ons aan PPG. Dit staan vir Passion, Pride and Guts en dit is presies wat ons vanaand gewys het,” het Patria se kaptein Hendrik du Plessis na die wedstryd verblydend genoem.

Punte:

Patria: 32 (8)

Drieë: Awie Engelbrecht, Louis Winter, Maghiel Le Roux, Christo Badenhorst

Doelskoppe: Jaswyn Damon (3)

Doelskoppe: Jaswyn Damon (2)

Caput: 24 (17)

Drieë: Jan Labuschagne, Visser van der Bank, Ruvo du Preez, Carl Foord

Doelskoppe: Edwin Gower (2)

Foto’s: Wouter Pienaar

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version