Krieketkragmeting wag op Gimmies en Volkies dié Saterdag

Die volgende hoofstuk in die Gimmie-Volkie kragmeting op die krieketveld vind komende Saterdag 2 September om 09:00 op Gimmies se opgegradeerde Gimmie-Oval plaas. As daar deur die geskiedenisboeke van die afgelope twee jaar geblaai word kom daar ‘n interessante verskynsel op die krieketveld tussen Gimmies en Volkies se eerstespanne voor: Die skool wat die ligawedstryd …

Die volgende hoofstuk in die Gimmie-Volkie kragmeting op die krieketveld vind komende Saterdag 2 September om 09:00 op Gimmies se opgegradeerde Gimmie-Oval plaas.

As daar deur die geskiedenisboeke van die afgelope twee jaar geblaai word kom daar ‘n interessante verskynsel op die krieketveld tussen Gimmies en Volkies se eerstespanne voor: Die skool wat die ligawedstryd wen, verloor die afgelope twee jaar in die eindstryd en so ontstaan die vraag of sake vir ‘n derde keer in ‘n ry so sal uitspeel?

Vincent Viljoen in aksie vir Volkies. Foto: Barco Greeff
Duan Jansen

Louis van Schalkwyk. Foto: Volkies Krieket

Volkies sal hoop dat hulle Gimmies vir die derde jaar in ‘n ry weer in die ligawedstryd sal oorwin en nes in 2014 ook op die Gimmie-Oval sal feesvier. Momentum is belangrik en ‘n oorwinning sal vir beide spanne ‘n groot hupstoot gee in hulle bekerdrome – nietemin sal dié spanne se sterspelers seker maak dat die opposisie nie die oorhand kry nie.

Vir Gimmies is kaptein Vernon Charslund in goeie vorm met die bal en kolf onderskeidelik en spog met ’n puik honderdtal verlede week teen Lichtenburg. Volkies se Louis van Schalkwyk met sy puik honderdtal teen KHS verlede Saterdag kan ook ’n groot gevaar inhou. Van Schalkwyk het juis verlede jaar met ‘n onoorwonne honderdtal vir Volkies na ‘n oorwinning teen Gimmies gestuur.

Volkies se openingskolwers en draaiers sal die sleutel inhou vir ‘n oorwinning terwyl Gimmies se tuisveldvoordeel en jong middelorde kolwers die wen na hulle kant kan swaai.

Histories was krieketwedstryde tussen hierdie twee klassieke teenstanders nog altyd naelbyt gewees.

Wie gaan hulle storie in 2017 se hoofstuk skryf?

Spanne:

Volkies: Vincent Viljoen (k) Louis van Schalkwyk, Herman Prinsloo , Cobus Crowther, Martin Fourie (wk), André Taljaard, Le Roux White, Awie Visser, Waldu Kotze, Jannie Claassens en Timothy Malan.

Gimmies: Vernon Charslund (k), Francois van Deventer, Matthew Haupt, Marco Jansen, Duan Jansen, Jacques Botha, Ricus Swart, Landré Halgryn, Adriaan Rontgen, Robert Cameron, Ronald Hendricks en Frans Viviers.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version