Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Niks kan Luiperds en SWD Arende skei in opwindende 42-42 stryd

Na 80 minute se vat en gee waar ‘n totaal van 11 drieë gedruk is het die Luiperds en SWD Arende se Curriebeker Eerste Divisie-stryd op Olënpark vanmiddag gelykop met 42-42 geëindig. As ‘n mens na die algehele spel kyk, het albei spanne verdien om te wen en was die toeskouers van hierdie aantreklike hardloop …

Na 80 minute se vat en gee waar ‘n totaal van 11 drieë gedruk is het die Luiperds en SWD Arende se Curriebeker Eerste Divisie-stryd op Olënpark vanmiddag gelykop met 42-42 geëindig. As ‘n mens na die algehele spel kyk, het albei spanne verdien om te wen en was die toeskouers van hierdie aantreklike hardloop wedstryd met nabetragting die grootste wenner. Aan die Luiperds se kant was kaptein Juan Language en Gerhard Nortier uitstekend, terwyl Dillin Snel en Leighton Eksteen die SWD Arende laat sweef het. Eksteen se 100 persent skoprekord was ooit van hoogstaande gehalte.

Dié stryd het met ‘n barshou begin toe Joe Smith vir die Luiperds binne die eerste sewe minute gaan druk het. Die spoed en aggressie was daar vir al die skare om te sien, maar soos blits het die SWD Arende begin sweef met drieë van Jan van der Merwe, oud Luiperd Tyler Fisher en Dillin Snel wat die Luiperds se momentum ‘n knou gegee het. Verdediging was definitief nie van die beste by altwee spanne nie, wat vir groot gapings gesorg het.

Luiperds was wel verrassend met 27-21 teen halftyd voor, danksy kaptein Language se twee uitstekende drieë, die tweede een wat met Gene Willemse se ratse breuk langs die kantlyn begin het. Willemse het met sy vinnige voete vir die Arende se  Eksteen geklop en toe die bal vir Language aangegee om oor die drielyn te seil.

Die tweede helfte het op ‘n stadiger trant begin met die Luiperds en Arende se verdediging wat minder kanse vir mekaar gegee het. Die Luiperds het wel die eerste skoot gevier toe Gideon van der Merwe oor is om die Luiperds se voorsprong te vergroot.

SWD het wel toe hoop gekry met die Luiperds binnesenter Henko Marais wat vir 10 minute met ‘n geelkaart afgestuur is. Snel het toe vinnig beweeg  en die Arende se vierde drie gaan druk om met slegs ‘n verdoelde drie agter te loop.

Foto’s: Wouter Pienaar

Die Luiperds het met 20 minute speeltyd oor swaar geboet vir hulle 14 man op die veld met Martin du Toit en Marlo Weich wat gaan druk. Weich se drie was skitterend met Adi Jacobs wat ‘n uitstekende diagonale skop na sy kant toe deurgesit het waar Weich oor gaan val het om die Arende vir die eerste keer in die tweede helfte te laat voorloop.

Die Luiperds het wel nie gaan lê nie en ‘n uitstekende lang aangee van Gerhard Nortier het toe veroorsaak dat Jeandré Rudolph in die hoek gaan druk het om die telling na 42-39 te bring. Nortier mis die doelskop, maar sit wel ‘n paar minute later ‘n strafskop oor om die telling gelyk op 42-42 te maak.

In die laaste vyf minute was sake behoorlik naelbyt gewees met die Luiperds wat hulle beste verdedigingsvoet moes voorsit om die Arende se wenpoging te stuit.

Die Luiperds het kliphard verdedig en het toe in die laaste minuut self ‘n geleentheid gehad om te gaan druk, maar toe slaan Chriswill September die bal aan en die wedstryd eindig 42-42.

Nie die uitslag wat albei spanne wou hê nie, maar die spanne sal wel gerus voel dat hul nie aan die verloorkant was nie.

 Punte:

Luiperds: 42 (27)

Driee: Joe Smith, Juan Language (2) Gideon van der Merwe, Jeandré Rudolph

Doelskoppe: Nortier (4)

Strafskoppe: Nortier (3)

SWD Arende: 42 (21)

Driee:  Jan van der Merwe, Tyler Fisher, Dillin Snell (2), Martin du Toit, Marlo Weich.

Doelskoppe: Leighton Eksteen (6),

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button