Gimmies begin krieketliga volstoom

Gimmies se krieketspanne het vanjaar se Noordwesliga met oortuigende oorwinnings begin. Die eerste span klop Hoërskool Klerksdorp met 134 lopies. Francois van Deventer teken 81 (100) aan in Gimmies se groottotaal van 255 almal uit. KHS word vir 121 lopies uitgeknikker in die 30ste beurt. Ricus Swart saai verwoesting met sy 3/18 in 8 boulbeurte. …

Gimmies se krieketspanne het vanjaar se Noordwesliga met oortuigende oorwinnings begin. Die eerste span klop Hoërskool Klerksdorp met 134 lopies. Francois van Deventer teken 81 (100) aan in Gimmies se groottotaal van 255 almal uit.

KHS word vir 121 lopies uitgeknikker in die 30ste beurt. Ricus Swart saai verwoesting met sy 3/18 in 8 boulbeurte.

In die o.15A-Superliga wen Gimmies vir KHS met 6 paaltjies. KHS word vir 155 lopies uitgeboul (Martin Landman neem 3 paaltjies vir 20 lopies in 7 boulbeurte). Gimmies teken die wenlopies in die 30ste boulbeurt aan. Hier maak Landman weer naam met 74 (70).

Gimmies se tweede span, beter bekend as die Blues, klop Potchefstroom Boys High met 179 lopies. Gimmies teken 260/9 aan (Marinus Pienaar is die beste lopiemaker met 49). Boys High word vir 81 uitgeboul.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version