SportSport

Stefan Siebert vat vir ‘n slag ‘n wen

In die wedvlugte vanaf Groblershoop (562km) en Britstown (555) was daar vir ‘n slag nuwe voor “vlieërs” wat die kompetisie ‘n welkome ander kleur gegee het. By P.P.K. was dit in die ope-afdeling vanaf Groblershoop met Salty en Lettie hokke wat ‘n wen agter hulle naam geskryf het, met Stefan Siebert wat M.R.K. se ope-wedvlug …

In die wedvlugte vanaf Groblershoop (562km) en Britstown (555) was daar vir ‘n slag nuwe voor “vlieërs” wat die kompetisie ‘n welkome ander kleur gegee het.

By P.P.K. was dit in die ope-afdeling vanaf Groblershoop met Salty en Lettie hokke wat ‘n wen agter hulle naam geskryf het, met Stefan Siebert wat M.R.K. se ope-wedvlug syne gemaak het. By die jaaroud-afdeling vlieg Sarel Naude “B” sy gebruiklike wen en Johann van Wyk kry sy beurt vir ‘n wen by M.R.K.

Die jaarlikse Jaaroud-kampioenskap vanaf die pragtige Karoo-dorpie Britstown behoort die wen vanjaar aan prokureur Hennie Aucamp (M.R.K.). Sy duiwe presteer jaarliks op die langpad, maar dit wil voorkom of hy vroeër vanjaar ook sy merk op die middelpad wil maak.

Arrie Marais eindig hier tweede en Johan Schlebusch derde. Schlebusch vlieg sy gebruiklike wen en tweede plek in die opevlug, met oud-landdros Des Humpel derde en vierde.

In die Jaaroud-kampioenskap by P.P.K. roer pastoor Marnes Nel weer vir oulaas die manne met net nog twee vlugte oor in dié afdeling. Sarel Naude “A” en “B” eindig tweede en derde.

In die ope-afdeling vlieg Kiewiet Marais van Kiewiet en Christo hokke weer wild met sy eerste en tweede plekke.

Oud-skoolhoof is ‘n kannie dood waar hy weekliks kom met sy aanslae. Hy eindig hier derde.

Met die verskillende kompetisies in die Westelike Posduifunie is daar heelwat interessante verwikkelinge. In die Middelpad-kompetisie is Kiewiet en Christo voor met 1864 en Schlebusch vierde met 1565.

In die Eenpunt-stelsel is Schlebusch voor met 1563, Marais tweede met 1506 en Naude “A” derde met 1490.

In die W.P.U. Kampioen-afdeling is Schlebusch in die “voorste gestoeltes” met 6903, Naude “A” tweede met 6211 en Kiewiet en Christo derde met 5963.

Dié seisoen spog beide Naude en Schlebusch met drie unie-wenne en Marais en Johann van Wyk met twee elk.

O ja terloops, daar is ‘n nuwe voorloper in die Klubskild-kompetisie. Potchefstroom Posduifklub is nou ‘n skrale een punt voor Mooirivier Resiesduifklub!

“Veilig vlieg ou kleintjie”!

Sport

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button