SportSport

Gimmies se skitterende o.17-span is nasionale kampioene

‘n Kombinasie van harde werk, onbreekbare spankohesie en ‘n brandende passie om hul netbaltalent uit te leef, het daartoe gelei dat Potchefstroom Gimnasium se o.17A netbalspan amptelik die beste span in hul ouderdomsgroep in Suid-Afrika is. Gimmies se kampioenspan het tydens die 2017 Beste Skole Netbaltoernooi wat van 4 tot 6 Augustus by Hoërskool EG …

‘n Kombinasie van harde werk, onbreekbare spankohesie en ‘n brandende passie om hul netbaltalent uit te leef, het daartoe gelei dat Potchefstroom Gimnasium se o.17A netbalspan amptelik die beste span in hul ouderdomsgroep in Suid-Afrika is.

Gimmies se kampioenspan het tydens die 2017 Beste Skole Netbaltoernooi wat van 4 tot 6 Augustus by Hoërskool EG Jansen in Boksburg gehou is, die beste skole in die land laat les opsê met hulle puik netbalspel. Gimmies het in die eindstryd teen Affies gespeel en oortuigend met 18-12 gewen.

Dit is die tweede jaar agtereenvolgend dat ‘n o.17 netbalspan van Gimmies as die nommer een span in die land aangewys word en is net weer ‘n bewys dat netbal as sport met goue hande by Gimmies gedra word.

Hierdie triomf wat goeie oorwinnings teen Hoërskool Punt van Mosselbaai (halfeindstryd) en Affies (eindstryd) insluit, is die spreekwoordelike kersie op die koek na ‘n lang netbalseisoen waar bloed, sweet en trane van blydskap aan die orde van die dag was.

Gimmies het hul toernooi met ‘n oortuigende 31-1 oorwinning teen Hoërskool Generaal Hertzog van Witbank en toe teen onder meer Frikkie Meyer, Heidelberg Volkskool en Hoërskool Upington geseëvier. In die kwartfinaal het hulle HTS Middelburg verslaan voordat hulle teen Hoërskool Punt van Mosselbaai te staan gekom het.

Gimmies se o.14A-netbalspan is SA-skolenaaswenners. Vlnr: Christine Steyn, Milana van der Merwe, Ilze Roodt en Jacqueline van Rooyen (kaptein). Alnr: Elize Janse van Rensburg (afrigter), Alécia Nagel, Natasha de Beer, Sunel Smit, Ruandi Steinmann, Alsuné du Toit en Ilezé van Rooyen.
Gimmies se o.14A-netbalspan is SA-skolenaaswenners. Vlnr: Christine Steyn, Milana van der Merwe, Ilze Roodt en Jacqueline van Rooyen (kaptein). Alnr: Elize Janse van Rensburg (afrigter), Alécia Nagel, Natasha de Beer, Sunel Smit, Ruandi Steinmann, Alsuné du Toit en Ilezé van Rooyen.

“Dit was die moeilikste wedstryd van die toernooi gewees. Punt het ‘n ongelooflike groot hoofdoel en verdediger gehad wat dit vir ons moeilik gemaak het, maar ons het deurgedruk en die wedstryd gewen,” vertel afrigter, Leonie Stander. Die finaal teen Affies was meer eenrigtingverkeer en volgens Stander het sy net vir haar spelers gesê dat hulle nie enige iets vir haar hoef te bewys nie en net hulle beste op die baan moet gee. Dit het duidelik gewerk en nou kan hulle feesvier.

“Dit was persoonlik ‘n hoogtepunt om hierdie span elke jaar beter te leer ken en te sien hoe alles bymekaar kom, stukkie vir stukkie. Dit is nie maklik nie, maar alles het net in plek geval. Dit was net ‘n ongelooflike spanpoging, almal speel vir mekaar. Hierdie span is ‘n eenheid.”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button