SportSport

“Vyf skepskoppe in 17 minute”

Daardie historiese dag waar Jannie de Beer vyf skepskoppe teen Engeland in die kwarteindstryd deur die pale gestuur het, is grootliks te danke aan Brendan Venter se taktiese brein: “Brendan was my kamermaat tydens die 1999 Rugbywêreldbeker en na sy skorsing teen Uruguay het hy baie tyd gehad om nuwe planne uit te dink. Hy’t …

Daardie historiese dag waar Jannie de Beer vyf skepskoppe teen Engeland in die kwarteindstryd deur die pale gestuur het, is grootliks te danke aan Brendan Venter se taktiese brein: “Brendan was my kamermaat tydens die 1999 Rugbywêreldbeker en na sy skorsing teen Uruguay het hy baie tyd gehad om nuwe planne uit te dink.

Hy’t my gevra hoeveel tyd ek nodig het om ‘n skepskop uit te voer. My antwoord was “2 sekondes.” Hoewel Heyneke Meyer die tegniese adviseur van die Bokke was, het Brendan my daarop gewys dat dit bykans 4 sekondes neem vir die Engelse om die verdedigingslyn te haal.

Die Engelse het gebruik gemaak van ‘skuif-verdediging’ en nie van ‘druk-verdediging’ nie. Dit skep meer tyd vir die losskakel om besluite te maak.  By die kapteinsoefening voor die wedstryd het Nick Mallett ingestem om die skepskoppe te oefen.

Die skepskop se naam was ‘Bok’, en ons kon sodoende die skepskop vanaf vaste fasette beplan. In die wedstryd self was daar nie kans vir enige skepskoppe in die eerste helfte nie. Eers toe ek ‘n bal in oop spel kry tydens die tweede helfte en niemand het om voor aan te gee nie, het ek besluit om vir ‘n skepskop te gaan.

Dit was dieselfde storie met die tweede een en van daar af was die taktiek om die bal agter hul in te skop en met goeie druk hul te forseer om uit te skop vanwaar ons dan die skepskop vanaf ‘n lynstaan kan beplan.

Dit was een van daardie dae wat alles reg verloop het. Ek was egter meer opgewonde om na die tyd met die joernaliste te praat om sodoende al die eer en dank aan my Hemelse Vader te gee.

Jammerlik is die boodskap verkeerdelik verstaan en die hoofopskrif in een van die Engelse koerante die volgende dag het gelui: “The boot of God kicks England out of the World Cup.”

Die eintlike boodskap was dat ons nie moet roem in ons eie vermoëns nie, maar dat ons sal besef dat ons talente en geleenthede van ons Hemelse Vader af kom en dat alles net genade is.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button