SportSport

Schlebusch en Marais neem weer die voortou

In die wedvlug vanaf Prieska oor ‘n afstand van 540 km in week agt, het Kiewiet Marais (P.P.K.) en Johan Schlebusch (M.R.K.) “duiwekos” van die res van die manne in hulle klub gemaak! Hulle het die eerste vier plekke verower in die wedvlugte wat hulle gewen het. Wat Marais se eerste drie plekke in die …

In die wedvlug vanaf Prieska oor ‘n afstand van 540 km in week agt, het Kiewiet Marais (P.P.K.) en Johan Schlebusch (M.R.K.) “duiwekos” van die res van die manne in hulle klub gemaak! Hulle het die eerste vier plekke verower in die wedvlugte wat hulle gewen het.

Wat Marais se eerste drie plekke in die ope wedvlug dalk bietjie meer spesiaal maak, is dat al drie duifies presies dieselfde tyd oor die elektroniese matjie geloop het. Sarel Naude “A” eindig hier vyfde.

Potchefstroom Posduifklub se jaaroud vlug word ook spesiaal beskou deurdat verkeersman, Nic Stassen en oud skoolhoof Faan de Beer se twee duifies wat ook met presies dieselfde tyd klaarmaak, met Marnes Nel derde. By Mooirivier Resiesduifklub skei slegs agt sekondes Schlebusch se eerste vier duiwe in die jaarouds.

In die opevlug is dit Suidwester Willem Moolman se eerste twee duiwe wat presies saam klaarmaak.

In die Klubskild-kompetisie is die stryd uiters fel en het P.P.K. nader aan M.R.K. gekruip en is die punteverskil nou net twee, met M.R.K. se 62 en P.P.K se 60.

Verlede week was die verskil vier punte! Volgende week se wedvlug is vanaf Groblershoop, ‘n afstand van 562 km.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button