SportSport

Drie uit drie vir Pierre Breitenbach

Potchefstroom Rolbalklub se goue seun, Pierre Breitenbach, het Sondag sy derde mans enkelspelkampioenskap gewen toe hy ook die Ope Meesterstitel syne gemaak het. Hy voeg die goud nou by die goud vir die Kampioen van Kampioene en die  Mans Enkelspel. Hy het ook verlede seisoen die unieke driekuns behaal. Sondag was dit weer Klerksdorp se …

Potchefstroom Rolbalklub se goue seun, Pierre Breitenbach, het Sondag sy derde mans enkelspelkampioenskap gewen toe hy ook die Ope Meesterstitel syne gemaak het.

Hy voeg die goud nou by die goud vir die Kampioen van Kampioene en die  Mans Enkelspel. Hy het ook verlede seisoen die unieke driekuns behaal.

Sondag was dit weer Klerksdorp se Tinus Crous wat in die finaal aanvanklik moedig probeer het, maar sy beste was net nie goed genoeg nie. Breitenbach het deurgedring na die finaal na hy al vyf sy wedstryde in die seksie gewen het.

Weermag se Sega Mokoto is op skootgemiddeld deur na die Vroue Ope finaal en daar val sy vas teen Rhonda Kallis van Klerksdorp.

Sega bring ‘n silwer medalje huis toe. Corrie Breitenbach (Potchefstroom Rolbalklub) was saam met Kallis in dieselfde seksie en sy verower ‘n bronsmedalje.

Nie een van die stad se seniors kon hond haaraf maak nie: Colleen du Toit van Fochville is die vrouekampioen en Jan Pretorius van Klerksdorp die manskampioen

Sega Mokoto van die Weermagklub het silwer behaal.
Sega Mokoto van die Weermagklub het silwer behaal.
Pierre Breitenbach wys sy meesterlike spel.
Pierre Breitenbach wys sy meesterlike spel.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button