Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Luiperds wys tande by Cravenweek

Dit was so amper of die Luiperds het met ‘n 100 persent slaagsyfer uit die o.18 Cravenweek by St.Stithians in Johannesburg gestap. Ongelukkig vir hierdie soliede span het hulle naelskraap met 26-29 teen die Oostelike Provinsie op die laaste dag van die toernooi vasgeval. Steeds kan die Luiperds hulle koppe omhoog hou met oorwinnings teen …

Dit was so amper of die Luiperds het met ‘n 100 persent slaagsyfer uit die o.18 Cravenweek by St.Stithians in Johannesburg gestap. Ongelukkig vir hierdie soliede span het hulle naelskraap met 26-29 teen die Oostelike Provinsie op die laaste dag van die toernooi vasgeval.

Steeds kan die Luiperds hulle koppe omhoog hou met oorwinnings teen Zimbabwe en Namibië, sowel as die Pumas Plattelandspan vanaf 17-22 Julie vanjaar.

Volkskool se kookwater losskakel, Hanru van Rooyen, was die voorste puntemaker in die week met ‘n totaal van 70 punte, waar hy ook ses drieë gedruk het.

Van Rooyen se skopwerk het ook menige kere gebieddvoordeel vir sy span behou. Sy aanvallende lopies was ook aan die kern van die Luiperds se hoë tellings.

‘n Paar ander uitblinkers in dié Luiperds span was Gimmies se Mitchelle van der Merwe en George van der Westhuizen, wat albei hulle hande hoog opgesteek het. Van der Westhuizen was ‘n yster in die losgemaal en lynstane, terwyl Van der Merwe met sy flink voete en kragtige verdediging sy staal bewys het.

Lichtenburg se Bertru Jones en Lohann Jahns (visekaptein) het ook ‘n groot rol gespeel in die Luiperds se suksesvolle Cravenweek.

Uitslae:

Luiperds klop Zimbabwe: 72-17

Luiperds klop Pumas Platteland: 33-17

Luiperds klop Namibië: 57-30

Luiperds verloor teen OP: 26-29

Foto’s: Frans Lombard/Actionpix

Bertru Jones van die Luiperds in aksie teen Oostelike Provinsie in vanjaar se o.18 Cravenweek wat vanaf 17-22 Julie by St.Stithians plaasgevind het. Foto: Frans Lombard/Actionpix

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button