SportSport

Titaniese stryd wag op Gimmies en Lichtenburg hierdie Saterdag

Die Jacob Wilkens-trofee is Saterdag, 29 Julie op die spel wanneer vanjaar se twee voorste rugbyskole in die Luiperds Grootskoleliga, Potchefstroom Gimnasium en Hoërskool Lichtenburg, in die eindstryd teen mekaar kragte meet. By die Mooivallei Sportgronde gaan die wenner nie net die trofee omhoog hou nie, maar ook ‘n makliker paadjie in vanjaar se Virsekerbeker …

Die Jacob Wilkens-trofee is Saterdag, 29 Julie op die spel wanneer vanjaar se twee voorste rugbyskole in die Luiperds Grootskoleliga, Potchefstroom Gimnasium en Hoërskool Lichtenburg, in die eindstryd teen mekaar kragte meet.

By die Mooivallei Sportgronde gaan die wenner nie net die trofee omhoog hou nie, maar ook ‘n makliker paadjie in vanjaar se Virsekerbeker stap.

Gimmies is naelskraap die gunsteling vir Saterdag se eerstespanstryd teen Liggies met albei spanne wat genoeg skietgoed het om die wedstryd in hulle guns te draai. Gimmies is onder kaptein George van der Westhuizen se leiding nog onoorwonne in die Grootskoleliga, nadat hulle Lichtenburg met 29-20 in ‘n ligawedstryd ook op die Mooivallei Sportgronde geklop het.

Thomas Bevan van Lichtenburg gaan een van sy span se sleutelspelers wees.
Thomas Bevan van Lichtenburg gaan een van sy span se sleutelspelers wees.

Die tuisspan sal hoop dat geskiedenis homself herhaal met nog ‘n oorwinning teen Lichtenburg, wat tans die huidige Noordweskampioene is.

Die groot vraag is of albei spanne se Cravenweekspelers die nodige impak sal maak wanneer hulle weer in hulle skooltruie speel.

Aan Gimmies se kant het stut Arno Gustafsson, slot Van der Westhuizen en buitesenter, Mitchelle van der Merwe goed in die Cravenweek vertoon, terwyl Liggies se Bertru Jones, en Lohann Jahns die driekrane gereeld oopgedraai het. Lichtenburg se ander staatmakers in die agterlyn, Henk Venter en Thomas Bevan, moet ook fyn dopgehou word.

Johan Minnaar van Gimmies in aksie.
Johan Minnaar van Gimmies in aksie.

Gimmies se lostrio van Waldouw Smit, Jaco Schoeman en Jan-Hendrik van der Merwe sal ook hulle bes probeer om besit moeilik vir hul teenstanders te maak.

Buiten die hoofwedstryd is daar ook voorwedstryde waar die jonger generasie ook ’n paar bekers omhoog sal wil hou. Gimmies se o.14 en o.15A-spanne is die gunstelinge om die tuisskare te laat juig, terwyl Volkies se o.16A-span teen KHS met hulle kwiksilwer spel die termometer sal wil laat styg.

Al die tekens dui op titaniese wedstryde wat nie misgeloop kan word nie.

A-veld (bepalings):

09:00: o.14A-Gimmies vs Lichtenburg

10:05: o.15A- Gimmies vs KHS

11:10: o.16A- KHS vs Volkies

12:30: 1ste – Gimmies vs Lichtenburg

Die spanne:

 Potchefstroom Gimnasium

  1. Dirk Yssel
  2. Willie Steenkamp
  3. Arno Gustafson
  4. George van der Westhuizen (k)
  5. Marnus Putter
  6. Jan-Hendrik van der Merwe
  7. Waldouw Smit
  8. Jaco Schoeman
  9. Danie Boshoff
  10. Edrich Cronjé
  11. Johan Minnaar
  12. Dirkie Louw
  13. Mitchelle van der Merwe
  14. Waldo de Beer
  15. Marco van den Heever

Hoërskool Lichtenburg:

  1. Johan (Muis) Kotze
  2. Armandt Potgieter
  3. Craivian Smith
  4. Johanno (Pan) Coetzee
  5. Guido Schullenburg
  6. Henco Nel
  7. Ryan Burger
  8. Tiaan Wagner
  9. Max Willamson
  10. Lohann Jahns (k)
  11. Henk Venter
  12. Vihan Muller
  13. Thomas Bevan
  14. Bertru Jones
  15. Ruben Kotze

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button