SportSport

Schlebusch jou yster!

In week ses in die wedvlug vanaf Griekwastad oor ‘n afstand van 445km, het polisieman Johan Schlebusch besluit dis nou sy beurt om vir ‘n slag die manne goed op te rol in M.R.K. Hy het ‘n dubbele wen gevlieg en in die jaaroud-afdeling het hy die eerste vier plekke ingeryg! Slegs Johan van Wyk …

In week ses in die wedvlug vanaf Griekwastad oor ‘n afstand van 445km, het polisieman Johan Schlebusch besluit dis nou sy beurt om vir ‘n slag die manne goed op te rol in M.R.K.

Hy het ‘n dubbele wen gevlieg en in die jaaroud-afdeling het hy die eerste vier plekke ingeryg! Slegs Johan van Wyk kon dié week regtig by hom kers vashou, met sy tweede en derde plekke in die ope-afdeling!

By P.P.K. was dit dié week ‘n tweeman vertoning deur Sarel Naudé en Kiewiet Marais. Die jaaroud wedvlug word gewen deur Naudé, met Kiewiet & Christo hokke in die tweede en derde plek. In die ope-wedvlug verhang Marais egter die bordjies met sy wen en derde plek. Naudé se “A” span eindig hier derde.

In die punte-kompetisie by M.R.K. slaan Schlebusch behoorlik die kitaar in al die afdelings. Jaarouds – Schlebusch 846, Arrie Marais 355 en J.J van Wyk & seuns 317. Ope-afdeling – Schlebusch 516, Van Wyk 380 en Willem Moolman 319. In die Klubkampioen-afdeling het Schlebusch met sy 1362 punte amper dubbel so goed soos Marais se 752 en van Wyk se 735.

By P.P.K. jaag Marais vir Naudé en moet Naudé baie hard werk om voor te bly! In die jaaroud-afdeling skei slegs 25 punte die eerste drie manne en lyk sake soos volg: Sarel Naudé “A” 798, Marnes Nel 783, Marais 773. Ope-afdeling – Naudé ” A” 1123, Marais 995, Naudé “B” 745. Klubkampioen- Naudé “A” 1921, Marais 1768 en Naudé “B” 1422.

Die volgende wedvlug gaan plaasvind vanaf Strydenburg oor ‘n afstand van 490 km.

“Veilig vlieg ou kleintjie!”

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button