BlogsOpinionsSportSport

Lees tussen die lyne: Superrugby-sirkus

Nou ja toe, daar is ons nou weer in die pylvak van die Superrugby-kompetisie.

Nou ja toe, daar is ons nou weer in die pylvak van die Superrugby-kompetisie.
Gelukkig verander die formaat van dié kompetisie volgende jaar. Die formaat wat tot vanjaar nog gebruik is, is in kort belaglik.
Ek verstaan dat hulle die spelers minder laat reis, maar nou is ’n situasie geskep waar die Brumbies kwalifiseer vir die uitspeelrondes, al het hulle minder punte as agt ander spanne in die kompetisie.
Behalwe dat hulle kwalifiseer, lê hulle vierde wat beteken dat hulle tuisveld voordeel kry teen die Hurricanes. Selfs die Stormers wat die Afrika 1 groep gewen het, sou sewende geëindig het as dit nie vir dié formaat was nie. Wat hulle tuisveld voordeel sou wegvat. Ek kan seker nie te veel kla nie, want as dit nie vir die formaat was nie, sou my geliefde Sharks dit nie gemaak het nie.
Ek kan darem nou weer braai en op hulle skree wanneer hulle die Leeus op Ellispark moet gaan aanvat.
Nou ja, gelukkig het die grootkoppe by SANZAR agtergekom dat die formaat nie heeltemal regverdig is nie. Dit het die gevolg gehad dat die kompetisie nou kleiner gemaak sal word. In die proses het Suid-Afrika twee spanne uit die kompetisie verloor.
Die Cheetahs en die berugte Southern Kings, ons almal weet dat SARU na allerhande dinge gekyk het toe daar besluit is watter spanne gaan uit die kompetisie uit. ’n Luuksheid wat hulle nie vir die Leeus gegee het toe hulle uit die kompetisie gegooi is nie. Die Leeus het daarna met goeie rugby bewys dat hulle nie uitgelos kan word nie.
Die Bulle sit in ’n posisie dat beide die Cheetahs en die Kings bo hulle geëindig het. As mens SARU se logika van ’n paar jaar gelede volg, moes dit na regte die Cheetahs en die Bulle wees wat uit die kompetisie moes gaan.
Dalk is dit tog ’n bietjie “karma’ vir die manier wat die Kings in die kompetisie ingekom het. Tog lyk dit asof hulle en die Cheetahs in Europa ’n goeie bestaan gaan maak.
Ek is bly dat die twee spanne nie heeltemal tot niet sal gaan nie. Maar maak ons nie nou die deur oop vir nog Europese spanne om ons talent te koop nie?
Ons sit eintlik maar ’n vertoonvenster op vir die manne met die diep sakke in Europa.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button