SportSport

Pampoenboere presteer by nasionale rugbyweek

Potch Landbou Kollege het vanaf 1-7 Julie aan die jaarlikse nasionale Pannar rugbyweek by Fort Cox Kollege in King Williams Town in die Oos-Kaap deelgeneem en derde geëindig. Hulle eerste wedstryd was teen Taung Kollege en hulle het maklik gewen met 36-0. In die tweede wedstryd in die CUP-afdeling teen Grootfontein Kollege van die Oos-Kaap …

Potch Landbou Kollege het vanaf 1-7 Julie aan die jaarlikse nasionale Pannar rugbyweek by Fort Cox Kollege in King Williams Town in die Oos-Kaap deelgeneem en derde geëindig.

Hulle eerste wedstryd was teen Taung Kollege en hulle het maklik gewen met 36-0. In die tweede wedstryd in die CUP-afdeling teen Grootfontein Kollege van die Oos-Kaap het die Pampoene vasgeval en verloor die wedstryd 20-10.

Die semi-finale verloor die Pampoene teen die huidige kampioene, Elsenburg van die Wes-Kaap met 34-7.

In die vierde en laaste wedstryd van die toernooi reken die Pampoene met Glen Kollege af met ‘n goeie vertoning en wen 34-0 teen die Kollege van Bloemfontein.

Die Potchefstroom Landbou Kollege is beloon met sy harde werk en sewe van sy spelers is gekies vir die SA Agric-span vir 2017. Jaco de Waal, Johan Schoeman, Dirk Coetzee, Waldo Botha, Ewald Oberholzer, Janco White en Ettiene van der Merwe is die betrokke spelers wat gekies is.

“Ek is trots op die prestasie van my spelers wat die SA Agric-span gehaal het en dus ook vir die Kollege wat na ‘n paar jaar moes wag om soveel spelers te kan oplewer vir die SA Pannar nasionale span,” het afrigter Gerald Mcpherson, genoem.

Die span begin na die vakansie met hulle voorbereiding vir die Luiperds Klub sewes wat in Augustus plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button