SportSport

Die Wilge se rugbysterre blink in onoorwonne Luiperds se LSOB-span

Oortuigend, oortreflik en onoorwonne is woorde wat die Luiperds se o.18 LSOB-span by vanjaar se o.18 LSOB-rugbyweek die beste beskryf. Die Luiperds, wat onder meer 11 spelers van Hoërskool Die Wilge bevat, het behoorlik die vloer met hulle teenstanders gevee. Dié rugbyweek is vanaf 2 tot 6 Junie by Glenwood High aangebied. Die speler met …

Oortuigend, oortreflik en onoorwonne is woorde wat die Luiperds se o.18 LSOB-span by vanjaar se o.18 LSOB-rugbyweek die beste beskryf.

Die Luiperds, wat onder meer 11 spelers van Hoërskool Die Wilge bevat, het behoorlik die vloer met hulle teenstanders gevee.

Dié rugbyweek is vanaf 2 tot 6 Junie by Glenwood High aangebied.

Die onoorwonne Luiperds o.18 LSOB-span by die nasionale week.
Die onoorwonne Luiperds o.18 LSOB-span by die nasionale week.

Die speler met die meeste punte aangeteken by die week was Die Wilge se Zolile Nyatela, met ‘n totaal van 70 punte (6 drieë, 17 doelskoppe en 2 strafskoppe).

Nyatela word ook met reg verkies tot die SA span wat komende week aan die Akademie Week gaan deelneem.

In die drie wedstryde wat die Luiperds gespeel het, het hulle elke wedstryd oortuigend gewen.

Mandla Ximba word hier deur Michael Mofokeng ondersteun vir die Luiperds se LSOB-span
Mandla Ximba word hier deur Michael Mofokeng ondersteun vir die Luiperds se LSOB-span. Foto: Wikus Geyer

Wedstryd 1:

Luiperds 57 (8 drieë) – 5 Haaie (1 drie)

Speler van die wedstryd: Eric Lamb (Keurhof)

Wedstryd 2:

Luiperds 48 (7 drieë) – 14 Griffons (2 drieë)

Speler van die wedstryd: Zolile Nyatela (Die Wilge)

Wedstryd 3:

Luiperds 50 (8 drieë) – 17 Leeus (2 drieë)

Speler van die wedstryd: Ramalatudi Lubby (Die Wilge)

Zolile Nyatela van Hoërskool Die Wilge is vir die SA-span gekies, Saam met hom is sy afrigter Wikus Geyer
Zolile Nyatela van Hoërskool Die Wilge is vir die SA-span gekies, Saam met hom is sy afrigter Wikus Geyer

Volgens die puntestelsel eindig die Luiperds eerste met 23 drieë, 156 punte aangeteken en slegs 36 punte afgestaan. Boonop eindig die volgende drie spelers ook in die top 10 vir die meeste drieë aangeteken:

Zolile Nyatela (6) (Die Wilge Hoërskool) Eric Lamb (6) (Keurhof) Amogelang Gorekwang (3) (Die Wilge Hoërskool)

Zolile Nyatela en Eric Lamb eindig gesamentlik eerste met die meeste drieë.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button