Uniekampioen Kiewiet Marais vlieg weer voor

In week vier in die wedvlug vanaf Douglas (420 km) het die Westelike Posduifunie se uniekampioen van 2016, Kiewiet Marais, ook lid van P.P.K, gewys hy’s nog lank nie klaar nie, deur beide afdelings, jaaroud sowel as die ope-afdeling, te buit. In die jaaroud-afdeling vlieg sy duifie ‘n skoon breuk van 3 min 3 sek …

In week vier in die wedvlug vanaf Douglas (420 km) het die Westelike Posduifunie se uniekampioen van 2016, Kiewiet Marais, ook lid van P.P.K, gewys hy’s nog lank nie klaar nie, deur beide afdelings, jaaroud sowel as die ope-afdeling, te buit.

In die jaaroud-afdeling vlieg sy duifie ‘n skoon breuk van 3 min 3 sek voor die tweede duif van Marnes Nel. Nel wat verseker met goeie kwaliteit jong duiwe vlieg, verras sy klubmaats vanjaar in die afdeling behoorlik. Verkeersman Nic Stassen se eerste duif eindig derde, slegs 3 sekondes na Nel. In die ope-afdeling wat ook aan Marais behoort, eindig Salty en Lettie hokke welverdiend tweede en derde.

Die eerste drie manne eindig soos volg in die punte: Jaarouds – Marnes Nel 511, Sarel Naude A 498, Kiewiet en Christo 441. Ope-afdeling – Naude A 745, Kiewiet en Christo 584 en Sarel B 420. In die klubkampioen-kompetisie is Naude nog gemaklik voor, ten spyte daarvan dat hy nie ‘n plek onder die eerste drie kon vlieg nie. Naude A 1243, Marais 1025 en Sarel B 838.

By M.R.K. waar klubkampioen Johan Schlebusch vlieg, is hy nou behoorlik weekliks besig om sy honger vir wen  te stil. Arrie en Tienie (jaarouds) en prokureur Hennie Aucamp (ope) is die enigste manne wat kon keer dat Schlebusch en Johan van Wyk die week wegloop met die eerste drie plekke, met hulle derde plekke. Van Wyk wen die ope-afdeling, met Schlebusch slegs 3 sekondes na hom.

Die Mooirivier manne se punte lyk so: Jaarouds – Schlebusch 498, Arrie Marais 378 en J.J. van Wyk en seuns 264. Ope-afdeling – Schlebusch 392, Fanie en Familie 210, Willem Moolman 208. Klubkampioen – Schlebusch 890, Arrie Marais 543 en van Wyk 465. Volgende week se wedvlug vindplaas vanaf Hopetown wat 435km ver is. “Veilig vlieg ou kleintjie”!

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version