SportSport

Luiperds moet vanaand ‘n steil berg teen Griffons klim

Dit is byna ongelooflik om te glo dat die Luiperds wat eers bo-aan die punteleer van die Supersport Uitdaagreeks na drie wedstryde was, nou vir oorlewing veg in die kompetisie hierdie Vrydag, 16 Junie teen die Griffons op Olënpark. ‘n Ongenaakbare verloorketting wat vier wedstryde in ‘n ry teen die Haaie, Griekwas, Vrystaat in wegwedstryde …

Dit is byna ongelooflik om te glo dat die Luiperds wat eers bo-aan die punteleer van die Supersport Uitdaagreeks na drie wedstryde was, nou vir oorlewing veg in die kompetisie hierdie Vrydag, 16 Junie teen die Griffons op Olënpark. ‘n Ongenaakbare verloorketting wat vier wedstryde in ‘n ry teen die Haaie, Griekwas, Vrystaat in wegwedstryde en die Haaie tuis verlede Saterdag insluit, het die wiel na ‘n afgrond vir Mokuena se Luiperds gedraai.

Wessel Kuhn gaan 'n be;angrike skakel tussen die voor en agterlyn wees. Foto: Mario van de Wall
Wessel Kuhn gaan ‘n be;angrike skakel tussen die voor en agterlyn wees. Foto: Mario van de Wall

Daar is wel ‘n skrale hoop vir die Luiperds om hulle prooi in die vorm van ‘n kwarteindstryd te vang, wanneer hulle teen die sogenaamde Purple People Eaters te staan kom. Eerstens gaan die Luiperds die bytwerk moet doen en vier drieë druk vir ‘n bonuspunt oorwinning wat hulle vyf punte sal besorg.

Tweedens gaan hulle die Griffons met 40 punte moet klop om hulle punteverskil beter as die Vrystaat, wat tans die derde plek beklee, te maak. Laastens moet hulle hoop Vrystaat verloor hulle wedstryd met meer as sewe punte teen die Haaie. Volgens Jonathan Mokuena is daar nog hoop vir sy span en is daar ‘n kanniedood houding in die Luiperdskamp.  “Die ouens glo nog steeds dat hulle die uitkloprondtes kan haal, wat fantasties is. Die manne het hierdie week goeie werksetiek gewys. Dit gaan nie maklik wees nie, maar die geloof is daar,” noem Mokuena. Hy is ook van mening dat sy span se string nederlae vir waaghalsigheid op die veld blameer kan word. “Ons het as ‘n span die kompetisie goed begin wen, die fokus was daar. Toe begin ons te veel ontspan en speel baie los rugby met minder struktuur. Die ouens het waaghalsig gespeel. Baie van die wedstryde kon ons beter gespeel het as ons die basiese goed reg gedoen het.,” sê Mokuena by nabetragting.

Span teen Griffons:

15. Tapiwe Mafura, 14. Jimmy Mpailane, 13. Bradley Moolman, 12. Henko Marais, 11. Gene Willemse,10. Gerhard Nortier, 9. Wessel Kuhn,  8.Juan Language, 7. HP Swart, 6. Gideon van der Merwe, 5. Loftus Morrison, 4. Stairs Mhlongo, 3. Dewald Dekker, 2. Dane van der Westhuyzen, 1. Joe Smith. Plaasvervangers: 16. Cameron van Heerden, 17. Morné Strydom, 18. Boela Venter, 19. Jeandré Rudolph, 20.Schalk Hugo, 21. AK Nela, 22. Elden Schoeman.

*Buiten die Luiperds se wedstryd wat om 18:00 teen die Griffons afskop, is daar ‘n rits interessante voorwedstryde wat rugbygeesdriftiges sal laat breed glimlag.

Die Luiperds en Botswana se vrouespanne sal om 14:10 slaags raak, terwyl die Luiperds Platteland en Botswana se mansspan mekaar om 15:45 gaan pak. Verder gaan daar ook ‘n magdom laerskool Luiperds-finale vanaf 08:00 plaasvind, waar plaaslike skole soos Bailliepark, Mooirivier en ML Fick gaan deelneem.

Bepalings

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button