SportSport

Gimmies se eerste netbal en hokkiespanne oorwin vir Volkies in Classic Clash

Potchefstroom Gimnasium het op die eerste dag van vanjaar se FNB Classic Clash hulle merk gemaak met oorwinnings teen Hoër Volkskool Potchefstroom se hokkie en netbal eerstespanne. Gimmies se eerste netbalspan was op hulle stukke gewees vanaand (26 Mei) met ‘n 33-23 wen op Volkies se netbalbane. Gimmies het juis ‘n uitstekende tweede helfte gehad …

Potchefstroom Gimnasium het op die eerste dag van vanjaar se FNB Classic Clash hulle merk gemaak met oorwinnings teen Hoër Volkskool Potchefstroom se hokkie en netbal eerstespanne.

Gimmies se eerste netbalspan was op hulle stukke gewees vanaand (26 Mei) met ‘n 33-23 wen op Volkies se netbalbane. Gimmies het juis ‘n uitstekende tweede helfte gehad en sodoende het hulle Volkies se kanse versmoor. Uitstaande spelers vir Gimmies was Melissa Smit, Rizane van Rooyen, Funeka Wanyane, Elani van der Merwe en Leonie Maree onder andere. Volkies se Nelanie le Roux en Michaela Reid het ook goeie wedstryde gehad. Op die ou einde was Gimmies die beter span en het verdien om te wen. Wat juis uitstekend was, was die kameraadskap en goeie sportgees wat hierdie dogters openbaar het. Daar was drukkies en gelukwensings na die tyd en ‘n mens kon gou agterkom dat netbal die groot wenner was.

Gimmies se hokkieseuns en dogters eerstespanne het in hul grys uniforms hul staan getoon en albei met 3-0 teen Volkies gewen in twee kompeterende wedstryde waar die telling dalk Volkies swakker laat lyk. Volkies se hokkiespanne het hard probeer en kon ‘n paar keer doele aanteken maar die geluk was net nie aan hulle kant vandag nie.

Julianne du Plessis en Minique Huysamen het Gimmies se doele aangeteken, terwyl Adriaan Rontgen, Matthew Haupt en Lumka Gebengana vir Gimmies se eerste seunshokkiespan die doele aangeteken het. Vermelding moet ook aan Volkies se Ruvan Pieters, Stanislaw Hohowsky en Vincent Viljoen gegee word wat nooit uit energie gehardloop het nie.

Gimmies se Landre Halgryn op die aanval teen Volkies.
Gimmies se Landre Halgryn op die aanval teen Volkies.

Die ondersteuning van albei skole tydens al die wedstryde is sover nog net puik en more beloof ‘n groot een op die rugby en hokkievelde te wees.

*Die aksie begin al van 08:00 af op by Volkskool. Die groot eerstespan rugby Classic Clash begin om 12:30 met die afskop wat 13:00 plaasvind.

Kyk uit vir foto’s op ons webblad.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button