Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Gimmies hardloop sirkels om Driehoek

Potchefstroom Gimnasium se eerste rugbyspan het verlede Saterdag hulle Puk Prestige-reeks op ‘n welverdiende wen noot op die Fanie du Toit Sportgronde afgesluit, toe hulle die pers masjien van Hoërskool Driehoek met 38-8 afgebreek het. Gimmies het met een van hulle beste vertonings vanjaar wraak geneem teen dieselfde Driehoek-span wat hulle vroeër vanjaar met 42-40 …

Potchefstroom Gimnasium se eerste rugbyspan het verlede Saterdag hulle Puk Prestige-reeks op ‘n welverdiende wen noot op die Fanie du Toit Sportgronde afgesluit, toe hulle die pers masjien van Hoërskool Driehoek met 38-8 afgebreek het.

Gimmies het met een van hulle beste vertonings vanjaar wraak geneem teen dieselfde Driehoek-span wat hulle vroeër vanjaar met 42-40 geklop het. Die staatmakers vir Gimmies was Marco van den Heever en Edrich Cronjé in die agterlyn, met albei hierdie spelers wat agter die pale gaan kuier het. Van den Heever het twee drieë gedruk terwyl Waldouw Smit en Stephan Fourie vir Gimmies se ander twee drieë verantwoordelik was. Cronje slaag ook met vyf doelskoppe en een strafdoel.

Gimmies eindig sodoende 5de in vanjaar se Puk-reeks en sal vol selfvertroue die Noordwesliga eerskomende naweek teen Hoërskool Wesvalia betree.

 

Related Articles

 
Back to top button