Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Gimmies se netbalspanne kraai koning in Puk Prestigereeks

Vyf Gimmie netbalspanne in blou het Vrydagmiddag 5 Mei die kroon van die Puk Prestigereeks-wenners gedra. Al die fokus het toe op Marianne Ray se nasionale wenspan, Gimmies se eerste netbalspan, geval. Hierdie netbalmeisies in hulle grys en blou netbalrokkies het nie teleurgestel nie, en hulle reputasie as een van die land se bestes met …

Vyf Gimmie netbalspanne in blou het Vrydagmiddag 5 Mei die kroon van die Puk Prestigereeks-wenners gedra.

Al die fokus het toe op Marianne Ray se nasionale wenspan, Gimmies se eerste netbalspan, geval. Hierdie netbalmeisies in hulle grys en blou netbalrokkies het nie teleurgestel nie, en hulle reputasie as een van die land se bestes met ‘n 28-22 oorwinning teen Hoërskool Zwartkop versterk.

Melissa Smit, Rizané van Rooyen en Leonie Maree was van Gimmies se beste spelers op die dag, wat in totaliteit soos ‘n geoliede masjien moes saamspeel om hulle Pretoriaanse teenstanders te kon klop.

Die o.17 A-span het met 32-11 teen Noordheuwel geseëvier, met die B-span wat teen dieselfde skool ook met 16-6 die beker huis toe gebring het.

Gimmies se o.17A netbalspan in aksie. Foto’s: Wouter Pienaar

Die o.15A-span het Zwartkop met 18-12 geklop, terwyl Gimnasium se o.14 A’s die trein van sukses met ‘n telling van 27-15 volstoom vorentoe laat beweeg het.

Gimmies se o.16 A dogtershokkiespan het ook met ‘n 3-2 oorwinning teen Lichtenburg, die eerste plek in die Pukreeks gevat.

Oudergewoonte het die eerste seunshokkiespan weer die eerste plek geneem. Gimmies se senior skaak- en tennisspanne is ook Pukreeks-kampioene.

Gimmies se eerste netbalspan in aksie:

Related Articles

 
Back to top button