SportSport

Meestersatlete gereed vir SA’s

Meesters Atletiek Sentraal Noordwes maak aanstaande naweek geskiedenis wanneer dit die eerste keer is dat die nuutgestigte provinsie aan ’n Suid-Afrikaanse Meesters atletiekbyeenkoms deelneem. Die byeenkoms vind vanaf 4 tot 6 Mei in Kaapstad plaas en ’n handjievol atlete uit Sentraal Noordwes, neem deel. Volgens Shaun Bownes, voorsitter van Meesters Atletiek Sentraal Noordwes, is daar …

Meesters Atletiek Sentraal Noordwes maak aanstaande naweek geskiedenis wanneer dit die eerste keer is dat die nuutgestigte provinsie aan ’n Suid-Afrikaanse Meesters atletiekbyeenkoms deelneem. Die byeenkoms vind vanaf 4 tot 6 Mei in Kaapstad plaas en ’n handjievol atlete uit Sentraal Noordwes, neem deel.

Volgens Shaun Bownes, voorsitter van Meesters Atletiek Sentraal Noordwes, is daar heelwat belangstelling om Meesters in die provinsie op die been te bring en dat dit net ’n kwessie van tyd is voordat die nuutgestigte provinsie sy stem dik gaan maak. Die plan is om binnekort met ’n stewige bemarkings-en bekendstellingsprojek te begin en om die voordele van atletiek, na uittrede onder die atlete van 30 jaar en ouer te bring. “Daar is atlete wat as seniors reeds die 30 jaar kerf verbygesteek het en wat vorentoe beslis vir die Meesters gewerf gaan word,” sê Bownes, wat as atletieklegende geen bekendstelling nodig het nie.

Dorita du Toit het haar staal in die verlede getoon in paalspring, verspring en driesprong en baie word van dié atleet by die SA’s verwag. Haar man Bul du Toit is self ’n atleet waarmee in die vyfkamp, gewigstoot, hamergooi en massagooi (gewig) rekening gehou moet word. terwyl Jan Prinsloo, (100 meter), lid was van die SA Meestersspan in 2013 wat aan die Wêreld Meesterskampioenskap in Brasilië deelgeneem het. Prinsloo is ’n Springbok Rugby Leaguespeler en voormalige skakelhoof van Suid-Afrikaanse Meesters Atletiek.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button