SportSport

SA Rekord vir Fochville rolbalklub

In een van Potchefstroom se buurdorpe, by die Fochville rolbalklub, het hulle vroeg in April hulle eie SA rekord vir ononderbroke rolbal na 30 uur verbeter. Die klub het in 2016 die SA rekord van 24 uur opgestel en besluit om op die rekord te verbeter. Volgens die Alida Roussouw, president van die klub, is …

In een van Potchefstroom se buurdorpe, by die Fochville rolbalklub, het hulle vroeg in April hulle eie SA rekord vir ononderbroke rolbal na 30 uur verbeter.

Die klub het in 2016 die SA rekord van 24 uur opgestel en besluit om op die rekord te verbeter. Volgens die Alida Roussouw, president van die klub, is daar baie ure aan die voorbereiding vir die rekordaanslag spandeer.

Die bane moes deeglik voorberei word, die nodige skuilings en genoeg vuurmaakhout vir die deurnag vuur moes bymekaar gemaak word. Daar is ook ‘n lewensgrootte oorlosie opgerig waarop die tydsverloop duidelik aangedui is, vir die spelers en die toeskouers.

Die byeenkoms is deeglik bemark en die President van Noordwes Rolbal, Ronnie Palmer, het die amptelike opening waargeneem. Die nasionale vlag is gehys en die volkslied gesing. Daarna het die klublede die Fochville Rolbal HAKA uitgevoer.

Eregaste by die geleentehied was Ben en Martie Barnard, oorspronklike bouers van die klub se bane. Hulle is nou onderskeiddelik 83 en 80 jaar oud. Hulle was baie beindruk met die toestand van die klub se geriewe.

Spel het presies op die middaguur begin op 7 April.

Die tweede sessie is in deurdringende reën gespeel. Vyf en dertig spelers het gedurende die dertig uur gespeel: party vir twee ure en ander wat ses ure bygedra het in twee drie uur skofte. Daar is 228 koppe gespeel wat beteken dat 3648 balle gerol is .

Om 18:00 op Saterdag 8 April het die einde aangebrek en daarmee saam ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekord van dertig uur se aanmekaar rolbal speel. Die klub daag ander klubs uit om die rekord te verbeter, maar, sê Alida Roussouw, “die uitdaging is nie vir sissies nie”

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button