SportSport

Top 5 oomblikke by ASA Senior Atletiekkampioenskappe

1. Chris Harmse word SA-kampioen vir die 22ste agtereenvolgende keer: In Chris Harmse se wildste drome sou hy nie gedink het dat hy vir 22 agtereenvolgende keer as die SA hamergooi-kampioen gekroon sal word nie, maar die afgelope naweek se vertoning is ‘n bewys dat drome waar word. Harmse, wat op 43-jarige ouderdom die oudste …

1. Chris Harmse word SA-kampioen vir die 22ste agtereenvolgende keer:
In Chris Harmse se wildste drome sou hy nie gedink het dat hy vir 22 agtereenvolgende keer as die SA hamergooi-kampioen gekroon sal word nie, maar die afgelope naweek se vertoning is ‘n bewys dat drome waar word.
Harmse, wat op 43-jarige ouderdom die oudste goue medaljewenner op vanjaar se ASA Nasionale Senior Kampioenskappe is, het elke stukkie murg in sy pype gebruik om met ‘n afstand van 70.53 meter koning te kraai.
Wat nog meer verstommend rondom Harmse se wen is, is dat hy die afgelope twee weke weens ‘n kniebesering nie kon oefen nie en hy moes deur die pyn druk om sy droom te bewaarheid.
Harmse is ‘n lewende legende en die emosie op sy gesig na sy wengooi het boekdele gespreek.
‘n Absolute geskiedkundige oomblik in SA Atletiekgeskiedenis en dit het alles hier in Potch gebeur.
2. Luvo Manyonga stel nuwe SA verspringrekord op:
Die Olimpiese silwermedaljewenner het net een sprong nodig gehad om homself in die SA rekordboeke te plaas.
Toe Manyonga die sand laat spat, het almal geweet dat iets groot gebeur het en sy 8.65 meter sprong is ‘n bewys hiervan.
Manyonga het ‘n effense besering opgedoen en het toe besluit dat net een sprong genoeg was.
Rushwahl Samaai het amper vir ‘n opskudding met sy 8.49 meter sprong gesorg, maar Manyonga se plek op die podium en in die rekordboeke was veilig. Nou vir die wêreldkampioenskappe in Augustus!

Luvo Manyonga met sy skittersprong van 8.65 meter.
Luvo Manyonga met sy skittersprong van 8.65 meter.

3. Wayde en Akani bewys hulle is wêreldklas:
Wayde van Niekerk en Akani Simbine se name was op almal se lippe by vanjaar se ASA Nasionale Senior Atletiekkampioenskappe op 21 en 22 April en na hulle hoë gehalte wedlope in die 100 en 200 meter, gaan hulle nog vir ‘n rukkie op Potchefstromers se lippe bly.
Dit is nie elke dag wat die plaaslike gemeenskap hierdie twee blitse in aksie sien nie en hierdie twee sterre het beslis hulle bes gedoen om glimlagte op die toeskouers se gesigte te sit. Simbine het vir Van Niekerk in die 100 meter geklop en Van Niekerk het toe Simbine in die 200 meter laat les opsê.
Twee skitterende wedlope wat alle verwagting oortref het.

To the victor go the spoils. Akani Simbine shows his class with another win a the ASA SA Athletics Championships in Potchefstroom.  Photo: Selogile Leshage
To the victor go the spoils. Akani Simbine shows his class with another win a the ASA SA Athletics Championships in Potchefstroom. Photo: Selogile Leshage
Nailbiting! Akani Simbine pips Wayde van Nierkerk and Thando Roto on the line at the SA Athletics Championships 100 metres final in Potchefstroom.
Nailbiting! Akani Simbine pips Wayde van Nierkerk and Thando Roto on the line at the SA Athletics Championships 100 metres final in Potchefstroom. Photo: Selogile Leshage
Akani Simbine (links) en Wayde van Niekerk na hulle 100 meter wedloop.
Akani Simbine (links) en Wayde van Niekerk na hulle 100 meter wedloop.

4. Caster verdedig twee SA-titels:
Caster Semenya het oudergewoonte weer uitgeblink en sonder om te blik of te bloos haar titels in die 400 en 800 meter wedloop verdedig. As ‘n mens vir Semenya dophou, kan jy soms net verstom staan met die gemak waarmee sy hardloop en dan in die laaste 100 meter soos ‘n vuurpyl verby haar teenstanders skiet.

Caster Semenya. Foto: Mario van de Wall.
Caster Semenya. Foto: Mario van de Wall.

5. Potchefstroom bring puik atmosfeer na SA’s:
Potchefstromers en die atletiekliefhebbende publiek kan gerus ‘n klop op hulle skouer kry vir die entoesiasme en luidrugtigheid wat uit die Kenneth McArthur se pawiljoene basuin het.
Dit was behoorlik volgepak en die gees was uitsonderlik en dit het ook die atlete die tikkie ekstra motivering gegee om nog vinniger en verder in hulle items te gaan.
Hierdie was beslis een van die beste SA Senior Atletiekkampioenskappe en ACNW kan trots wees op hoe hulle die byeenkoms aangebied het.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button