Du Toit wys weer sy staal op ‘n bergfiets

Pieter du Toit van Hoër Volkskool Potchefstroom het weer eens bewys dat hy een van die top fietsryers in die land is, met twee top vertonings die afgelope twee naweke. Pieter het op 15 April aan die SA Cup #2 in Wolwespruit, Pretoria, ‘n eerste plek behaal in ‘n tyd van 1:00:36, met Ryan Conradie …

Pieter du Toit van Hoër Volkskool Potchefstroom het weer eens bewys dat hy een van die top fietsryers in die land is, met twee top vertonings die afgelope twee naweke.

Pieter het op 15 April aan die SA Cup #2 in Wolwespruit, Pretoria, ‘n eerste plek behaal in ‘n tyd van 1:00:36, met Ryan Conradie van Gimmies wat ‘n tweede plek in ‘n tyd van 1:02:43 behaal het.

Op 8 en 9 April het Pieter aan die Ashburton tweedag-skof bergfietswedren in Clarens deelgeneem en was die algehele wenner in die halfmarathon- afdeling.

“Ek het op die Ashburton op skof een goed gevoel , waar ek toe op 12 km weggebreek het. Ek het toe van daar af alleen gery en het ‘n 5 minute, 50 sekonde gaping gehad na die eerste skof.

“Dag 2 (skof 2) was net ‘n 30 kilometer rit. Dit was baie vinnig, maar ek het ook goed gevoel en toe kon ek op 25 km op ‘n klim wegbreek,” vertel Pieter.

Brendan van Eeden van Gimmies was algeheel tweede en kan ook net so trots op sy wedren wees. Albei hierdie fietsryers ry vir Team Swiss Cycles.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version