SportSport

Potchefstromers tem Ysterman

Tydens die onlangse Ironman 140.6 African Championship op 2 April in Port Elizabeth was Potchefstroom uitstekend verteenwoordig. Audrey Liebenberg (3de keer), Japie Krüger (2de keer), Dawie Janse van Rensburg (2de keer), Marcel Genis (3de keer), Cobus Burger (2de keer) en Marius Liebenberg (4de keer) het almal deelgeneem en die uitmergelende Ironman 140.6 voltooi. Internasionaal staan …

Tydens die onlangse Ironman 140.6 African Championship op 2 April in Port Elizabeth was Potchefstroom uitstekend verteenwoordig. Audrey Liebenberg (3de keer), Japie Krüger (2de keer), Dawie Janse van Rensburg (2de keer), Marcel Genis (3de keer), Cobus Burger (2de keer) en Marius Liebenberg (4de keer) het almal deelgeneem en die uitmergelende Ironman 140.6 voltooi.

Internasionaal staan dit bekend as die Ironman 140.6 (140.6 myle). Atlete swem 3.8km in die see, ry fiets vir 180km en hardloop dan ‘n 42.2 km standaard marathon om mee af te sluit. ‘n Atleet het 16 uur en 45 minute om dit te voltooi.

Port Elizabeth is bekend daarvoor dat dit een van die moeilikste Ironman 140.6’s is om aan deel te neem wêreldwyd a.g.v die toestande wat so ekstreem kan wees. Die wind is altyd ‘n groot faktor, veral op die fiets gedeelte. Vanjaar was geen uitsondering nie. Die wind was brutaal met rukke en die temperatuur was op ‘n stadium 36° Celsius en dit by hoë humiditeit by die kus. Die swem hierdie jaar was ook heelwat moeiliker as in die verlede met die wind wat al vroegoggend gewaai het en swemtoestande ongunstig gemaak het.

Van die totale inskrywings van 1 900 atlete is 42% internasionale atlete. Dit is dus ‘n baie sterk internasionale veld uit 65 verskillende lande wat verteenwoordig was.

Die kompetisie is dus baie straf. Gesien in die lig hiervan het die volgende atlete uitsonderlik goed gepresteer: Audrey Liebenberg wat 17de (12de van SA), Marcel Genis 28ste (11de van SA), Japie Krüger 54ste (27ste van SA) en Dawie Janse van Rensburg 58 ste (2de van SA) was in hul onderskeie ouderdomskategorieë. Gesien in die lig van die getal internasionale atlete is dit uitsonderlike prestasies. Potch Team Triumph (Potch se TriClub by Ironman) het dan ook 2de geëindig uit 69 klubs in die Ironman TriClub Kategorie V(25 atlete en minder) kompetisie.

Port Elizabeth is ook aangewys as die beste toeskouerstad vir die Ironman 140.6 Internasionaal vir 2016/7.

Dit word veral ervaar tydens die hardloop wanneer daar bykans 80 000 toeskouers die hardlooproete toepak tot 12 uur die nag wanneer die afsnytyd is. Met temperature van 36 Celcius spoor hierdie ongelooflike skare die atlete aan om aan te hou en die Ironman 140.6 te voltooi.

Die Ironman gaan nie net oor prestasie nie. Deur dit net te voltooi plaas jou in ‘n uitgelese groep atlete wêreldwyd. In Potchefstroom is daar ‘n hele aantal atlete, veral onder die ouer generasie, wat die Ironman140.6 al voltooi het. Driekamp is ‘n vinnig groeiende sport in Potchefstroom en is daar reeds baie atlete wat aan die korter weergawe Ironman 70.3(70.3 miles) deelneem.

Ironman 140.6 gee die gesegde “niks is onmoontlik” ‘n heel nuwe betekenis. Welgedaan aan hierdie atlete wat dit voltooi het.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button